Bid vir ’n wonderwerk
Klik hier om na Sondag se preek van Gerjo Ben: Watter grond lê in jou hart? op YouTube te kyk.
Klik hier om op ons YouTube Channel te subscribe.
As ons siek is, moet ons tot God nader. Ons moet glo en weet en vertrou. God is bekend daarvoor dat Hy ’n betrokke God is. Hy hoor ons gebede en as dit binne Sy wil is, sal Hy gehoor gee aan ons gebede, al is dit anders as wat ons verwag het.
Tiaan se storie het my diep geraak:
Hallo Gerjo Ben
Op die oomblik is ek so siek soos ’n hond, maar ek glo soos jy sê in wonderwerke, groot en klein. En vandag glo ek God gaan net ’n klein een doen en my genees.
God doen vandag nog wonderwerke. Ons is baie keer te blind om hulle te sien.
’n Jaar gelede het my vrou swanger geword en vir ons was dit iets waarna ons so uitgesien het. 16 Julie bel sy my by die werk en sê “Sy is weg”. Ek het huis toe gejaag en haar dadelik hospital toe geneem.
Hulle het haar gevat en ek mag nie in die saal ingegaan het nie. Ek het vir amper vier ure daar gesit, sonder enige nuus. Ek het hoeveel keer gevra wat aangaan en hulle het net gesê hulle weet nie of mag nie se nie.
Ek het my trane uitgehuil en gebid: “Waarom, Here? Hoekom gee U ons iets en vat dit net so weg?”
Soos ek daar in die gange sit en bid, het ek God gevra vir ‘n wonderwerk. My vrou het al by die huis gesê sy is weg, maar ek het aanhou bid en geglo God sal ’n wonderwerk doen.
Toe sy uiteindelik uitkom, het ek geweet. Ek kon die teleurstelling en seer in haar oë sien.
Ons moes drie dae later weer ingaan vir ’n checkup en vir resultate oor wat presies verkeerd gegaan het.
Daar vind ons toe uit sy is ses weke swanger … Hoe? ’n Mens kan tog nie swanger raak terwyl jy swanger is nie, behalwe as God ’n wonderwerk gedoen het!
Die dokter was verstom. Mia was amper ses maande toe ons haar verloor het en die dokter sê toe sy afgekom het, moes die ander een ook saam afgekom het, maar God het daardie aand ’n wonderwerk laat gebeur.
Kleine Mikaela is hierdie week sewe weke oud en sy is ’n geskenk van God. Dis wat haar naam beteken. Ons gee net al die eer aan God vir so ’n wonderwork.
Never give up hope and trust in the Lord, even in the dark times, as He is there for you.
Moet nooit opgee nie. Wanneer jy siek is, wanneer jy ’n wonderwerk nodig het, gaan na God toe: 14Is een van julle siek? Hy moet die leiers in die gemeente roep om vir hom te bid. Hulle moet olie op hom sit as bewys van die teenwoordigheid en krag van God.
Teks
Jakobus 5:13-20
Om oor na te dink
Watter uitdaging lê in jou pad?
Vertrou jy God daarmee?
Glo jy nog in wonderwerke?
Gebed
Vader, U ken my. U ken my uitdagings en weet wat ek nodig het. Ek kom sit alles nou in U hande. Ek vertrou. In Jesus se Naam. Amen.