Die storie van my doen en late
Kliek hier om die teks te lees: 1 Korintiërs 8:1-13
Ek het nog so baie om te leer. Ek besef al hoe meer dat ek nie altyd reg optree nie. Soms kyk mense na my en wonder seker of dit regtig die moeite werd is om ’n kind van God te wees.
Ek koop oorfone by ’n Pakistani in die Mall. Die een oorfoon is dood en ek gaan gee dit terug. Ek wil my geld terughê, maar hy wil dit nie vir my gee nie. Ek vra of hy weet van die Verbruikerswet wat sê dat as die verbruiker die produk binne ses maande terugbring, hy verplig is om dit vir my te gee. Toe hy vir my sê daar bestaan nie so ’n wet nie, toe kook my bloed en ek begin goeters te sê. Later storm ek by die winkel uit met R50 in my sak.
Ek koel in die kar af. Toe ek weer rustig asemhaal, hoor ek ’n stemmetjie in my kop wat vra: Wat sou ander van my optrede as Christen dink? Ek was nie geamuseerd met die vragie nie. Dit was nie nou die regte tyd nie.
Net die volgende dag staan ek langs die rugbyveld by ’n Engelse skool in die Suidelike voorstede. Dit is wéér die ouerige skeidsregter wat blaas. Hy is nice, maar ooglopend half blind na die een kant toe. Toe hy vir die derde keer blaas vir ’n vorentoe aangee, wat nie naastenby reg was volgens die manne langs die veld nie, maak ek ’n opmerking wat kon gebly het.
Ek klim in die kar en voel ongemaklik. Later bel ek die vrou wat langs my gestaan het en vra om verskoning, want my optrede het nie na Christus toe gewys nie. Nevermaaind of my opmerking regverdig was of nie. Dit was nie reg om negatief te wees nie.
Ons besef nie altyd wat ons dade doen nie. Mense kyk van alle kante na ons as Christene. Nie altyd om ons uit te vang nie, maar om leiding te soek. Hulle weet nie altyd hoe om in sekere omstandighede op te tree nie en kyk dan na wat ons doen. Wanneer ons dan so mors, stoot ons mense weg en ons breek God se koninkryk stukkie vir stukkie af.
Ek wonder hoeveel mense het ek al weggestoot en so gekeer dat hulle agter Jesus aanstap. Dit is nie ’n lekker gedagte nie. Paulus help ook nie juis met die volgende stelling nie: 12As jy jou mede-Christene so skade aandoen en dit vir hulle moeilik maak om werklik Christen te bly, is jy eintlik besig om Christus self seer te maak.
Ek besef maar net weer dat ek as Christen ’n groot verantwoordelikheid het. Ek moet besef dat die manier waarop ek optree ’n groot impak het op ander se lewens. Daarom is dit belangrik om sensitief te wees oor hoe ander hulle geloof ervaar. In hierdie gedeelte sê Paulus dat kos nie jou verhouding met God beïnvloed nie, maar as daar Christene is wat wel glo dat om sekere kos te eet, hulle verhouding met God gaan beïnvloed, moet jy dan nie self daarvan eet as jy by hulle is nie. As jy van daardie kos eet, sal hulle dalk ook van die kos wil eet wat hulle aanvanklik geglo het nie reg is nie en dit veroorsaak dat hulle dan sondig. Die gevolg: 11Dié mede-Christen van jou se Christenskap word so eintlik deur jou beter godsdienstige kennis stukkend geskeur.
Ons moet besef dat ons ’n voorbeeld is vir ander en dat ander ons manier van lewe dophou. Mense hou ons dop om te besluit of dit die moeite werd is om op die pad na God te klim. Die vraag is nou: Stoot ek mense af of moedig ek mense aan as ek goeters moet teruggee wat nie werk nie? En daar waar ek langs die veld staan en op die ware lewe reageer, sal mense saam met my wil staan of eerder omdraai en wegloop?
Om oor na te dink
Hoe lyk jou optrede vir ander?
Sal hulle as gevolg daarvan vir Jesus volg?
Of sal hulle dit eerder wil los?
Gebed
Vader, ek val in my skuld en erken dat ek nog so onvolwasse in my dade is. Die eie ek is by tye te veel in beheer. My dade vertel nie altyd ’n lekker storie nie. Ek sidder om te dink wat mense al gedoen het omdat ek nie reg opgetree het nie. Vergewe my waar ek verkeerd was en help my om te konsentreer op my dade sodat ek volgens U wil sal optree. Amen