God se Woord in vandag se woorde

Die wasgoed op die lyn

Kliek hier om die teks te lees: 1 Korintiërs 6:1-11

Carel vertel die storie wat hy op ’n klein dorpie in Natal gehoor het:

Dis maar ’n klein gemeentetjie en die lidmate het op ’n Sondag rondom die middelpaadjie voor die dominee gesit, seker so ongeveer 14 rye diep. As iemand wat gereeld kerk toe kom op ’n dag nie daar is nie, kon die dominee dit natuurlik nie mis nie.

Toe een van die heel getrouste tannies op ’n Sondag nie daar was nie, besluit die dominee om die Maandagoggend te gaan kyk of daar nie dalk fout is nie. Hy kry haar toe perdfris en gesond, besig met alles wat op ’n Maandag gedoen moet word.

Die dominee het skaars gaan sit, toe begin sy vertel van die wonderlike radiodiens wat sy die vorige oggend geluister het en hoe diep dit haar geraak het. Maar toe dominee uit belangstelling vra waaroor die dominee gepreek het, slaan sy vas en kan skielik glad nie meer onthou nie. Effe verleë moet sy erken dat sy nie kan onthou nie en sy sê net die dominee was so ernstig en hoe diep sy daardeur geraak was.

Toe sy in haar verleentheid na die dominee kyk, sien sy die wasgoed op die draad in die wind wapper en sy sê vir die dominee: Sien dominee die wasgoed op die draad? Ek het al vroegoggend die wasgoed opgehang en die wind het al die water uit die wasgoed gewaai. Nou is die wasgoed skoner van die water wat daardeur is.

Dit is ’n mooi verhaal wat ons help om te verstaan wat met ons gebeur as ons die Woord van God hoor. Ons onthou nie altyd al die preke en kere toe ons deur die Bybel gestap het nie, maar dit help ons om die vuil uit ons lewe te neem sodat ons weer skoon aan die draad van die lewe kan hang.

Paulus kom druk dit ook op die harte van die jong gemeente in Korinte. Kyk, die ouens was nog rou en het nie lekker geweet hoe om as nuwe Christene op te tree nie.

Hulle het mekaar hof toe gesleep, sommige het aan seksuele wanpraktyke oorgegee, valse gode aanbid, ander se goed gevat en sommige het hulle weer vergryp aan die bottel. Maar, sê Paulus, dit is die dade van die verlede. Dit hoort nie meer by ’n kind van God nie. God het dan spesiaal vir al die sondes aan die kruis gesterf. 11Maar julle lewe het verander – God het die sonde soos vuilgoed van julle afgewas; Hy het julle spesiaal net Syne gemaak. Julle saak met God is nou heeltemal reg. Daarvoor het die Here Jesus Christus self gesorg saam met die Gees van ons God.

Jesus het vir al ons sondes aan die kruis gesterf. God het die vuilheid kom uitwas en die straf vir ons sondes staan nie meer teen ons naam nie. Nou is dit ons verantwoordelikheid om seker te maak dat die vuilheid nie weer terugkom nie. Ons moet sorg dat ons nie weer in die modder gaan speel nie, want dit is net daar waar ons voet gly en die vuilheid ons beetpak. Moenie op die gladde vloer gaan speel nie, want gly lê net om die hoek.

Kom ons bestee eerder meer tyd met God se dinge. Druk ’n goeie preek in die kar se CD-speler of laai ’n Bybelprogram op jou foon af en as jy so ry, luister na God se Woord. Dalk onthou jy nie alles nie, maar op ’n manier het God se heilige water deur jou lewe gespoel en het Hy die vuilheid kom skoonwas. Nou kan jy voluit vir Hom lewe. Jy kan die modderpoele mis en werklik ’n verskil in sy koninkryk maak.

Om oor na te dink
Waar is daar nog vuilheid in jou lewe?
Hoe moet jy daarvan ontslae raak?
Glo jy dat Jesus vir al daardie vuilheid gesterf het?

Gebed

Ons Vader wat in die hemel is, dankie dat U aarde toe gekom het. Dankie dat Jesus vir al my sondes aan die kruis gesterf het. Daarsonder sou ek vir seker nie die hemel gemaak het nie. Dankie vir die skoon was. Ek wil nou nie meer in die modder gaan speel nie, Vader. Stap dag vir dag saam met my om te keer dat ek nie weer die vuil dade doen nie. Amen

Sluit Aan

Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek