God is ons anker
Daar is soveel onsekerhede in die lewe.
Gaan my huwelik en verhoudings se tou sterk genoeg wees om die druk van alle kante te deurstaan?
Gaan ek die siekte wat my liggaam aftakel, kan oorwin?
Gaan ek aan die einde van die maand of volgende maand nog ’n salaris kry?
Gaan ek al my skuld kan afbetaal?
Wat is die volgende krisis wat die wêreld tegemoetgaan?
En so kan jy jou onsekerheid ook hier bylas.
Ek hanteer een e-pos voor ek stil raak. Linda (skuilnaam) is self in ’n pappery:
Jy sien, vroeër vandag lê ek in my hospitaalbed – siek, pap, broos en emosioneel.
Ek lê en dink aan hoe ek my geloof verloor het. En ek dink aan God en of Hy ooit bestaan, en as Hy doen – hoekom dan al die seer?
Jy sien Gerjo, almal fight hulle eie demons en almal probeer cope …
Waaraan kan ’n mens vashou? Wat kan ons help om die lewe te verduur? Geld? Dit raak ook op. Mense? Hulle kan ook maar baie keer baie simpel wees. Bekendheid? Dis maar baie alleen daar bo, vra maar die bekendes.
Daar is eintlik net een antwoord op al ons vrae en dit is God. God is die enigste vastigheid in ’n mens se lewe. Die res is net geraas. 19Om God so te vertrou is soos ’n geestelike anker. Dit gee ons lewe vastigheid en sekerheid. Dit verbind ons ook direk met God self in die heiligste van heilige plekke.
Lees die vers weer. Leer dit uit jou kop. Sê dit vir jou oor en oor. God is ons enigste anker. Net Hy. Die res is geraas.
Barnes (e-Sword) som dit alles vir my so mooi op:
Hope accomplishes for the soul the same thing which an anchor does for a ship. It makes it fast and secure. An anchor preserves a ship when the waves beat and the wind blows, and as long as the anchor holds, so long the ship is safe, and the mariner apprehends no danger.
So with the soul of the Christian. In the tempests and trials of life, his mind is calm as long as his hope of heaven is firm. If that gives way, he feels that all is lost.
Wanneer ons aan God vasgeanker is, kan die storms maar kom, dit sal ons nie van koers af druk nie, want God is sterker as enige storm.
Teks
Hebreërs 6:13-19
Om oor na te dink
Hoe lyk jou storms?
Hoe lyk jou God?
Is jy aan Hom geanker?
Gebed
Vader, dankie dat U ons anker is. U is groter as enige storm. Aan U klou ek met alles in my vas. Sonder U, is ek soos ’n ankerlose skip wat net ronddobber. Amen.