God se Woord in vandag se woorde

Hoe kan jy nie?


Ek is bevoorreg om ’n vriend ver uit die verlede te trou. Dis lekker om op die bank te sit en weer na die ou stories te luister. Ons vertel van ons kinders en waar hulle nou in die wêreld is.

Hy vertel van sy een dogter wat sendingwerk doen. Hy sê dis al wat sy wil doen, orals net mense help en van die Here vertel. As hulle by die Spar uitkom en hy sien iemand wat behoeftig lyk, stap hy ’n draai.

Sy nie. Daardie persoon trek haar aan soos ’n magneet. Sy stap reguit na die persoon en wil help. Sy wil vertel van die Reddende God. Sy kan haarself nie keer nie. Dit wat in haar is, borrel uit.

Eintlik moet ons almal wees soos my vriend se dogter. Ons is deur God geroep om dit te doen. Hy het ons eenkant gesit en ons uitgekies om Hom te dien en op Sy pad te loop. Dis eintlik besonders dat God soveel van ons dink en ons help om in Hom te kan glo.

9… Julle behoort aan Hom en aan Hom alleen. Daarom moet julle die groot en goeie dinge wat Hy vir julle gedoen het, aan almal vertel.

Ongelukkig koop almal nie hierby in nie. Mense dink om God te dien, is vir die voëls. Dit is eintlik so ironies dat dit juis is wat die natuur elke dag doen. Die natuur is ’n demonstrasiegetuig elke dag van die wonderdade van God.

Leanne Crawford sing ’n lied How can you not:

I see the sun rise in the morning
And a million stars at night
I hear the birds, they can’t stop singing hallelujah
I see His goodness when I fall down
And it’s grace that picks me up
Every day, I can’t stop singing hallelujah

How can you not see God
In every little thing, in every little moment?
How can you not feel loved?
How can you not? How can you not?
‘Cause He’s in the middle of
Every little thing and every little moment
How can you not see God?
How can you not?
How can you not?

I see the sunset and I wonder
If He paints it just for me
Nobody else could make a world so beautiful
How could I question His love when it’s everywhere I go

Wherever I look, I find another miracle
How can you not see God

Mag jy om elke hoek en draai op die uitkyk wees na nog ’n kreatiewe manier waarop God jou wil verras.

Teks
1 Petrus 2:9-12

Om oor na te dink
Behoort jy aan God?
Alleen?
Wie moet jy van Sy wonderdade vertel?

Gebed
Here, ek wil oorloop van al die wonderdade wat U steeds vandag hier op aarde doen. In die natuur, in mense en in soveel omstandighede. Maak my oë oop dat ek nie blind sal wees vir al U wonderdade nie. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek