God se Woord in vandag se woorde

Hoe lank nog

Ons maak gebruik van ‘n nuwe e-pos stuurprogram. Indien die e-pos verkeerdelik by jou afgelaai is, kliek asb op die onderstaande unsubscribe link.

Ek sit gisteraand tot laat en wag vir al die e-posadresse om in die nuwe program gelaai te word. Toe kom dié e-pos van ‘n vriend in. Hy dink en hy worstel:

Ek sit en skryf op ‘n koue somers aand.

Dis net so kontrasterend soos my geloof.

Ek sê ek’s ‘n christen, maar ek glo nie in God nie.

Ek bid, maar glo nie in wonderwerke nie.

Ek lees Bybel, maar dit maak nie sin nie.

Ek haal splinters uit ander se oë, maar los die balk in myne.

Ek gebruik sy naam ydellik, maar berispe almal anders.

Ek ken die 10 gebooie, maar dis net nog ‘n wet vir my.

Ek stel nie regtig belang in al hierdie goed nie, dis alles net woorde vir my.

Hulle sê die Here is soos die wind, jy weet Hy’s daar, maar jy sien Hom nie.

Maar ons het deesdae net windstil dae.

Die son skyn, maar hy brand my nie.

Die maan sit hoog, maar ek’s langs hom.

Is ek nog hier in vlees?

Of is ek tussen die sterre, miskien waar ek behoort?

God sê Hy gee lewe, maar hoekom voel ek dood.

God sê Hy blaas nuwe asem, maar dit voel of ek versmoor.

God sê Hy lei die pad, maar ek’s rigtingloos.

God sê volg in my voetspore, maar ek sien dit nie.

Wat moet ek doen?

Kyk ek op na die berge, sien ek niks.

Sit ek my hande na bo en sing halleluja, kan ek nie die wysie onthou nie.

Hoe lank nog?

Ja, soms is dit nodig dat ons elkeen na ons eie geloof kyk.

Is daar nog hoop?

Is daar nog geloof?

Is daar nog liefde in, om en by jou te sien?

Ek ontvang die onderstaande e-pos van ‘n vriend. Hy dink en hy worstel. Ek deel dit met sy toestemming:

Om oor na te dink

Ja, soms is dit nodig dat ons elkeen na ons eie geloof kyk.

Is daar nog hoop?

Is daar nog geloof?

Is daar nog liefde in, om en by jou te sien?

Drukbare weergawe  print

Sluit Aan

Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek