Kleipot wat weer opstaan
Kliek hier om die teks te lees: 2 Korintiërs 4:7-15
Die alombekende akteur, Robin Williams is eergister oorlede. Hulle vermoed nie enige gemene spel nie.
Ai!
Ek onderbreek vir ’n oomblik ons stap deur 1 Korintiërs met hierdie stuk wat ek verlede week geskryf het:
Kry jy swaar? Bid jy al lank, maar die uitkoms is nie eens in sig nie? Wonder jy waar God in jou swaar is? Is jy dalk so moeg dat jy dit al oorweeg het om ’n einde aan alles te maak?
Ek kry hierdie kort e-pos van Lilla (naam verander):
Sê asseblief vir my hoe kan ek selfmoord pleeg sonder om ander seer te maak. Ek kan rêrig nie meer nie.
Oef, dit maak so seer. Die twee sinnetjies vertel ’n lang storie van baie pyn.
Baie van ons vra dikwels hoekom die een brander na die ander so oor ons koppe rol. Is daar dan nie ’n klein bietjie beskerming as jy in God glo nie? Hoekom is daar nie uitkoms nie? Maar ongelukkig word daar nie vir ons as Christene ’n maklike pad gewaarborg nie. Neem nou maar vir Paulus. Die man wat alles, maar alles, ingesit het om die evangelie na die ongeredde wêreld uit te dra. Selfs hy word nie die swaar gespaar nie: 7Al is God by my, is ek maar net ’n doodgewone mens. Ek is soos ’n breekbare kleipot. Die lewe stamp my ook maar goed rond.
Ons is almal kleipotte wat maklik in die harde wêreld breek. Die wêreld stoot ’n mens soms woes en van al die stampe lyk ons potte nie meer lekker nie. Lilla se pot is eintlik aan skerwe en sy het eenvoudig net nie meer die krag om skerfie vir skerfie op te tel om alles weer aanmekaar te kry nie. Dit is in ieder geval ’n onmoontlike taak.
Dit is sulke tye wat ek bang is vir ’n teksversie uitpluk, want dit voel vir my dit is net te klein om oor die wond te span.
Miskien moet ons leer by Paulus. Hy ken van kleipot wees in die lewe se hande. Hy ken van die angs dat die lewe hom gaan laat val en hy in stukkies gaan breek. Elke oomblik van die dag kan die polisie by die deur inbars en dan is sy lewe verby. En te midde van die gevare het hy nie ’n saak nie. Hy lag en lewe die lewe ten volle. Hy druk dit in die rooi, want op ’n manier verstaan hy, ervaar hy die krag van die opgestane Jesus in Hom.
Hoor hierdie besonderse getuienis: 7… Tog dra ek ’n baie waardevolle skat hier binne-in my rond. Daarom moet julle weet dat die groot krag van God wat deur my werk, glad nie uit my kom nie. Inteendeel: 8Ek kry dikwels swaar, maar ek is nooit mismoedig nie. Ek weet nie elke dag presies wat ek moet doen nie. Tog is ek nooit radeloos nie. 9Ek word vervolg, maar ek weet God los my nooit alleen nie. Ek word onderstebo geloop, maar ek staan elke keer weer op.
Paulus weet van die bonatuurlike krag van God in hom. Hy weet hy is nie alleen nie. Hy is inge-plug by God. Hy kry sy krag om weer op te staan, al het die kleipot weer ’n chip weg na die lewe dit nog ’n hou gegee het. Paulus het die krag van God aan sy lyf ervaar. Al gee die lewe hom ’n dwarsklap, al mors die mense wat die naaste aan hom is met hom, al staan hy stoksielalleen in die donker, gaan hy net aan, want God is by hom.
En soos God by Paulus is, is Hy by elkeen van ons. God is ’n werklike krag hier binne elkeen van ons. Dalk ervaar ons dit nie nou nie, want die wêreld raas te hard of ons maak eenvoudig net nie tyd om stil te raak en regtig vir God ruimte te maak nie. Dis nou die tyd dat ek en jy en Lilla weer begin vashou (met albei hande) aan die wete dat God in ons elkeen is. Ons moet glo dat Hy ons liefhet en ons nooit as te nimmer alleen sal laat nie – al voel dit soms so.
Ons moet glo dat Hy ’n groot krag in ons elkeen is. Dan kan ons rus kry en rustig word. Dan kan ons, te midde van die stampe aan die kleipot, aanhou lewe en uitsien na die verligting van die swaar om die volgende draai. Ja, al kom die volgende brander en loop my weer onderstebo, sal ek opstaan, want ek weet dis God se krag hier binne my wat my al die pad help.
Om oor na te dink
Waar kry jou kleipot seer?
Hoe swaar is jou swaar?
Is God se krag ’n werklikheid in jou lewe?
Gebed
Vader, ek kry so swaar. Dit voel of my kleipot al in skerwe lê en dat daar nie eintlik meer enige salf aan te smeer is nie. Tog hoor ek nou die boodskap van U wat ’n kragtige krag in ons elkeen is. Help my om stil te word en by U te sit. Help my om in U krag op te staan en die lewe weer vierkantig in die oë te kyk. Amen