Los die stuurwiel – Romeine 12:1-8
Kliek hier om die teks te lees: Romeine 12:1-8
Ek het al baie keer met God gestoei oor ek nie sy stem hoor nie. Ek probeer regtig my bes, sit lank by Hom, maar dan hoor ek nie sy stem nie. Later het ek agter gekom God praat, maar dat die wêreld so hard raas dat ek Hom nie kan hoor nie. Daarom sê Paulus: 2Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuut maak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag…
Een ding waarvan ons nie kan wegkom nie is dat ons in die wêreld leef. Ons kan nie anders nie. Ons kan tog nie in ’n tuig klim en êrens in die heelal gaan ronddryf nie. Ons het tog die wêreld nodig. Dit is mos die plek wat God vir ons gegee het om in te leef. Tog moet ons onsself nie so ingrawe dat ons deel raak van die wêreld en nie meer vir God hoor nie.
Dit is presies wat die duiwel probeer doen. Hy jaag ons aan, laat ons in ons beroepe ingrawe, laat ons huise en karre en wat nog najaag. Hy laat ons die sukses- eksamens van die wêreld aflê om te kyk of ons dit gemaak het. Hy weet dat as ons ons lekker ingegrawe het in die wêreld, gaan ons sukkel om by God uit te kom.
Die wêreld moenie ons fokus wees nie, maar God. Ja, nie eers jy moet die een wees wat die stuurwiel van jou lewe vashou nie. Dit is eintlik goeie nuus. Dit is God se werk om met jou te woel. Dit is nie jou verantwoordelikheid nie, maar God s’n. Al wat jy moet doen is om oor te gee. Dis al.
Tog is dit nie so maklik nie, want ons het mos ons eie kop gekry om te dink en te doen wat ons wil. Dit is moeilik om in die wêreld te lewe, maar dan vir God toe te laat om jou in die rigting te stuur wat Hy wil. Nee, nie ’n pop met toue soos Pinocchio wat, as God die tou trek, lig daar ’n hand of ’n voet nie. God wil hê dat jy hier op die aarde moet lewe en besluite neem. Jy is tog nie ’n rathefboom in God se hand en as Hy nou dink jy moet in eerste ry, sit Hy jou in eerste en wanneer Hy nou dink dis tyd vir tweede, druk Hy jou in tweede nie.
Jy neem jou eie besluite. Wat God van jou vra, is dat jy sal toelaat dat Hy in jou kan werk. Laat Hom toe om so bietjie te timmer aan die goed wat nie lyk soos ’n kind van Hom nie. Dan sal die geraas van die wêreld so bietjie sagter word en jy sal sy stem begin hoor.
God sit met ’n sak vol passie vir jou lewe. Hy wil jou van binne af skoonmaak sodat Hy en jy in hierdie wêreld ’n verskil kan maak.
Die liedjie van Carrie Underwood spring in my kop op (video hier beskikbaar: http://youtu.be/lydBPm2KRaU)
She was driving last Friday on her way to Cincinnati
On a snow white Christmas Eve
Going home to see her Mama and her Daddy with the baby in the backseat
Fifty miles to go and she was running low on faith and gasoline
It’d been a long hard year
She had a lot on her mind and she didn’t pay attention
She was going way too fast
Before she knew it she was spinning on a thin black sheet of glass
She saw both their lives flash before her eyes
She didn’t even have time to cry
She was so scared
She threw her hands up in the air
Jesus take the wheel
Take it from my hands
Cause I can’t do this on my own
I’m letting go
So give me one more chance
Save me from this road I’m on
Jesus take the wheel
It was still getting colder when she made it to the shoulder
And the car came to a stop
She cried when she saw that baby in the backseat sleeping like a rock
And for the first time in a long time
She bowed her head to pray
She said I’m sorry for the way
I’ve been living my life
I know I’ve got to change
So from now on tonight
Jesus take the wheel
Take it from my hands
Cause I can’t do this on my own
I’m letting go
So give me one more chance
Save me from this road I’m on
Oh, Jesus take the wheel
Oh, I’m letting go
So give me one more chance
Save me from this road I’m on
From this road I’m on
Jesus take the wheel
Oh, take it, take it from me.
Oh, wow, ohhhhh.
Hier is die 3 stappe:
Jy moet keer dat jy nie deel raak van die wêreld nie.
Jy moet toelaat dat God binne jou werk.
God maak jou van binne af nuut.
Die gevolg is: 2… Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee.
Om oor na te dink
Watter dinge in jou lewe maak dat jy te deel is van die wêreld?
Wat keer jou dat jy nie die stuurwiel kan los nie?
As jy wil, skryf hier neer wat jy vir God sal toelaat om in jou lewe te doen.