God se Woord in vandag se woorde

Moenie net maak asof julle mekaar liefhet nie. Nee, gee regtig vir mekaar om – Romeine 12:9-21


Moenie net maak asof julle mekaar liefhetKliek hier om die teks te lees: Romeine 12:9-21

Stephan Joubert post ’n foto op Facebook van ’n besige straat met ’n klomp motors wat heen-en-weer ry. Op die sypaadjie lê ’n matras en ’n man staan daar naby. Hy skryf:

Hier’s die storie agter die foto: Vrydagoggend drink ek en Neels koffie in ’n restaurant. Terwyl ons gesels, sien ek hoe ‘n bakkie op die pad sy vrag verloor. Dit was ’n matras. Genadiglik kon die motoris agter die bakkie betyds rem. Die bakkie moes egter 500 meter aanry voordat daar ‘n verkeerslig was waar die bestuurder kon omdraai. Intussen het ’n taxibestuurder, wat nie gesien het wat gebeur nie in die ander baan aangekom en die matras in die middel van die pad sien lê. Toe trek hy af en tel die matras uit die pad. Sy plan was om die ongeduldige motoriste weer aan die vloei te kry. Hy het die matras op die sypaadjie gaan neersit en daar bly staan.

Uiteindelik het die bestuurder van die bakkie sy draai gekry en op die toneel aangekom. Net daar het die taxibestuurder die matras op sy skouers getel en dit weer op die bakkie gelaai.

Die outjie wat die bakkie bestuur het was sekerlik oorbluf.

Ons het so gewoond geraak dat taxibestuurders gevare op die pad is. Maar toe stop dié taxibestuurder en help iemand wat hy van g’n kant af ken nie. Wat sal nie alles gebeur as ons ons vooroordele wegpak en kleurblind of statusblind raak nie. Dalk moet ons ophou vra: “What’s in it for me?” Dit is in elk geval die verkeerde vraag as Jesus ons Here is.

9Moenie net maak asof julle mekaar liefhet nie. Nee, gee regtig vir mekaar om.

Om oor na te dink

Waar moet jy liefde gaan leef?

Gee jy regtig om vir almal met wie jy in aanraking kom?

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek