Om die regte papiere te hê
Ek wonder hoe sal dit voel as iemand vir jou sê dat jy nie sekere kos mag eet nie of na sekere plekke mag gaan nie, omdat jou pa en ma nie die regte papiere het nie. Jou maatjies mag by enige plek ingaan, maar jy mag net by sekere plekke ingaan. Ek sien al die prentjie van hoe ek deur die draad vir my maatjies loer en verskriklik ontsteld is dat hulle mag en ék nie.
Op ’n manier was dit seker hoe die mense wat nie-Jode was nie, wat nie deel van die volk Israel was nie, gevoel het. Die Jode het alles gehad. God het sy volk voorgetrek en die nie-Jode het uitgemis, net omdat hulle ouers nie die regte papiere gehad het nie. Gelukkig het die seisoen ook vir die nie-Jode met die koms van Jesus verbygegaan.
27God het ’n geheim gehad. Baie eeue en geslagte lank het niemand geweet wat dit is nie. Maar die geheim is nou bekend. God het besluit om aan sy eie mense die geheim te vertel. Hulle weet nou hoe ongelooflik wonderlik hierdie geheim is, veral vir nie-Jode. Die geheim is dit: Christus is vir almal, ook vir julle. Op Hom kan julle met vertroue staatmaak. Hy sal vir julle die wonderlike dinge gee wat ’n mens net by God kan kry.
Henry se kommentaar op die gedeelte is soos volg:
The mystery of the gospel was long hidden: it was concealed from ages and generations, the several ages of the church under the Old Testament dispensation. They were in a state of minority, and training up for a more perfect state of things, and could not look to the end of those things which were ordained.
This mystery now, in the fullness of time, is made manifest to the saints, or clearly revealed and made apparent. The veil which was over Moses’s face is done away in Christ. The meanest saint under the gospel understands more than the greatest prophets under the law. He who is least in the kingdom of heaven is greater than they. The mystery of Christ, which in other ages was not made known unto the sons of men, is now revealed unto his holy apostles and prophets by the Spirit
Maak nie saak wat die papiere sê nie. Maak nie saak of dit sê Jood of nie-Jood nie, Christus het die mure kom afbreek en het vir elkeen se sondes aan die kruis gesterf. Nou word daar nie meer gekyk na jou voorouers nie. Jou status maak nie meer saak nie. Vir enige mens op aarde wat dit glo, staan die hekke van die hemel oop. Enige een wat kies om in te stap, kan inkom.
Hoe wonderlik moet dit nie wees vir mense op wie daar die heeltyd neergekyk is om nou presies dieselfde voordele as die ander te hê nie. Die draad waardeur hulle altyd net kon loer, is nou afgebreek. Almal kan nou by God uitkom.
Maar meer nog: Al die wonderlike beloftes wat God al deur die eeue gemaak het, is nou vir almal beskore. Dis nie meer net die Jode wat hiervan gebruik mag maak nie. Nee, selfs ons, wie se ouers nie uit die Joodse tradisie kom nie, ontvang ook elke belofte wat van God kom.
As jy mooi daaraan gaan dink, sal jy besef dat God en sy beloftes nie eintlik vir ons beskore was voor Jesus se koms na die aarde nie. Soveel te meer moet ons ’n lewe van dankbaarheid teenoor Jesus leef. Soveel te meer moet ons Hom die regmatige plek in ons lewe gee en moet ons lewe elke dag van dankbaarheid getuig. Ons moet dankbaar wees vir die feit dat al is ons papiere nie reg nie, ons steeds in die ry mag staan om elke dag God se genade en beloftes te ontvang.
Aan God en Jesus kom al die eer toe.
Gaan leef dit!
Skrifgedeelte
Om oor na te dink
Besef jy dat jy nie eintlik kwalifiseer nie?
Wat het Jesus vir jou kom doen?
Hoe reageer jou hele wese en lewe daarop?
Gebed
Ons Vader, hoe kan ’n mens dankie sê vir alles wat U, Jesus en die Heilige Gees vir ons gedoen het! Sonder U ingrype sou ons nog steeds aan die verkeerde kant van die draad gestaan het. Aan U kom al die eer toe! Amen.