God se Woord in vandag se woorde

S*ks

Kliek hier om die teks te lees: 1 Korintiërs 7:1-9

(Verskoning vir die sterretjie, maar as ons die woord voluit gebruik, word dit deur sommige e-pos meesters geblokkeer).

Kan jy jou ook nie voorstel dat jou ouers intiem verkeer het nie? My broer was nog ’n tjokker toe die burgemeester se seun vir hom van die bytjies en die blommetjies vertel. (Tussen die 6 kinders het my pa en ma nie lekker bygehou vir wie hulle al die storie vertel het en vir wie nie.) My broer se reaksie: “Ag, nee. Wil jy vir my sê my ma-hulle het dit 6 keer gedoen!”

S*ks is deur God vir die mens as geskenk gegee. Dit is meer as net ’n manier van voortplanting. Hier word die man en vrou een in liggaam en een in gees saamgebind. Hierdie eenwording tussen man en vrou was en is deel van God se wil vir die mensdom.

S*ks is ’n voorreg en iets wat ons moet koester, sodat albei partye die energie wat s*ks kan loslaat in ’n huwelik, positief kan aanwend. Daarom is hier ’n opdrag van Paulus: 3Ek bedoel dat hulle werklik s*ksuele maats vir mekaar moet wees en dit vir mekaar aangenaam moet maak.

Die s*ksdaad is ’n hulpmiddel wat God ons gegee het om werklik een te word, om werklik maats te wees, mekaar se behoeftes te verstaan en op die ou end onselfsugtig op te tree en om mekaar te geniet. Dit is ook nodig dat ons die tweede gedeelte van die opdrag sal verstaan. Dit is nie slegs een van die huweliksmaats wat die volle genot van s*ks moet ervaar nie, maar albei. Wees daarom sensitief vir mekaar se behoeftes.

Daar is een voorwaarde: 2… S*ks is bedoel vir die huwelik en daarom is dit beter dat mense liewer trou en elkeen so sy eie maat het. Dis hoe God die mens geskape het en wanneer alles nie volgens plan verloop nie, is die kans groter dat daar ’n groot gemors gaan kom. Jy moet dit weet: Wanneer ’n mens die lyn wat Paulus vir ons stel om s*ks net binne die huwelik te hê, uitvee, is die pad na gemors in die huwelik geteer! Moenie die pret wat God vir ons as ’n seëning gegee het met ’n vetkryt doodtrek nie. Pasop vir die prentjie wat opspring as jy op die internet aan die surf is. Pasop om weg te beweeg van jou man of vrou, want die duiwel gaan jou gou-gou vals pret belowe. Pasop, dit is vir seker tweedehands.

S*k’s is meer as net ’n uitvloeisel van liggaamlike drange. Dit word gebore uit ’n geestelike eenwording. Dan eers word s*ks ’n bindende faktor in die huwelik. Let jy op dat dit éérs eenwording in gees is en dán in vlees… ?

Celebrate die s*ksdaad soos God dit bedoel het. Doen moeite daarmee. Verstaan mekaar se behoeftes. ’n Studie sê dat 70% van mans en slegs 34% van vrouens in Amerika elke dag aan s*ks dink. Vir die meeste vrouens maak dit nie soveel saak nie. Dis hoe God ons gemaak het. Ek vermoed as die mensdom afhanklik was van die vrou se s*ksuele behoeftes, ons al lankal uitgesterf het.

Verstaan wat skakel aan en wat skakel af. Verstaan dat s*ks vir die vrou baie meer is as net die fisiese daad. As die voorafgaande nie opbouend was nie, kan sy nie net die knoppie aanskakel en dadelik gereed wees nie. ‘n Huweliksberader het eenmaal gesê: If you want to be in heaven at eleven, start at seven. En my vrou las by: Seven in the morning!

Vrouens, verstaan dat jou man omtrent altyd gereed staan en dat dit vir hom ongelooflik is as jy so nou en dan eerste met die voorspel begin. ’n Vriendin vertel verbaas dat haar man gesê het dat sy hom enige tyd van die nag kan wakker maak. Ek verstaan nie hoekom sy verbaas is nie…

Die s*ksuele daad is een van die kreatiefste en mooiste dade wat God beplan het toe Hy die mens geskep het. Tog is dit so sleg om te sien dat die daad misbruik word om die mens van die pad af te lok. Daarom is dit veral belangrik dat albei partye die ander se behoeftes presies sal verstaan en gehoor sal gee aan die opdrag: 5hou mekaar op s*ksuele gebied gelukkig…

Daarom, let’s have some fun…

Om oor na te dink

Verstaan jy God se idee met s*ks?
Is jy gelukkig met die intimiteit in julle huwelik?
Is jou maat gelukkig?

Gebed

Vader, dankie dat U so kreatief was om s*ks uit te dink. Dankie dat U dit vir ons gegee het om binne die huwelik te geniet. Help ons om dit nie op te foeter nie, maar eerder as ’n daad te geniet wat ook die geestelike en emosionele eenheid tussen man en vrou versterk. Amen

Sluit Aan

Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek