In God se gedagtes
1 Korintiërs 8:1-8
Om die waarheid in pag te hê, is nie verkeerd nie. Wat die effek is van wat ek met die waarheid doen, is dalk nie altyd positief nie. Dis ’n moeilike stelling, maar laat ek verduidelik. Kom ons neem die voorbeeld van Paulus oor die eet van vleis wat aan afgode geoffer is.
Ons weet tog daar is net een God en Hy is in beheer van alles. Daarom is daar niks verkeerd met die vleis wat aan afgode ge-offer is nie. Mense het eintlik hulle tyd gemors om dit aan hulle sogenaamde gode te offer, maar met die vleis is daar niks verkeerd nie. Daarom kan almal, selfs die Christene, daarvan eet. Dit is die waarheid.
Maar, sê Paulus, daar is sommige Christene wat nog nie ’n brug hieroor gebou het nie. Vir hulle is dit heeltemal verkeerd om van daardie vleis te eet. As jy daarvan sou eet, wankel die ouens se geloof. ’n Klomp vraagtekens staan orals om hulle op. Hulle is deurmekaar en weet nie wat om nou te glo nie. Jy sien, hulle het opgestaan in die waarheid, maar die netto effek van hulle dade is nie liefde nie.
So baie keer kan ons opstaan en selfs baklei vir die waarheid, maar dan is die effek van al die gestoeiery dat mense seerkry. Die boodskap wat oorgedra word, is dat die mense te veel van hulself dink en nie sensitief is vir ander se behoeftes nie. Daarom waarsku Paulus: 1Julle het mos ook in julle brief gevra of ’n mens kos mag eet wat aan afgode geoffer is. Dit is waar wat julle sê: “Julle weet wat die kerk alles leer.” Maar as ’n mens dink jy weet so baie, kan dit jou te veel van jouself laat dink. Onthou egter, liefde blaas jou nie so op nie, maar bou liewer ander mense op.
Wees versigtig hoe jy optree. Wees versigtig dat jy nie so met die waarheid omgaan dat dit die behoeftes van ander miskyk nie. Ander mense en hulle behoeftes moet die heeltyd in die oog gehou word. Ons optrede moet van so ’n aard wees dat dit ander mense met hulle behoeftes in ag neem. Al kom ander jou te na, al weet jy hulle is verkeerd, al maak hulle jou seer, moet nooit die waarheid wat jy in pag het as ’n wapen gebruik nie.
Kyk na die ander deur die liefdesbril van God. God laat nie toe dat hulle verkeerde dade, selfs hulle mors met die waarheid, ’n streep trek deur die liefde wat Hy vir hulle het nie. God hou nie op om liefde teenoor hulle uit te stort nie. Dit is nie altyd so maklik om onsself partymaal in te loop ter wille van dié wat die waarheid nie so lekker verstaan nie.
Soms is daar tye wanneer ons dit wat ons eet en drink eers moet los, omdat ander ’n probleem daarmee het. Soms is daar tye wanneer ons nie so lustig hoef te veg vir die waarheid nie. Soms is daar tye wanneer ons eerder net moet liefde en aanvaarding uitdeel in plaas daarvan om te korrigeer of tereg te wys.
Wanneer ons dit regkry, is dit nie ons met ons waarheid wat eerste in die ry staan nie, maar die ander een en sy behoeftes. Dit is wat liefde maak. Dan staan die dinge wat vir God belangrik is eerste. Ons dade getuig dan nie alleen van liefde vir die medemens nie, maar ook liefde vir God. En dan die groot geskenk en stuk genade: 3… as iemand God liefhet, is hy gedurig in God se gedagtes.
Wie wil dan nou nie altyd in God se gedagtes wees nie? Dit is so lekker vir God om te sien as sy kinders liefde saai. Hy kan eenvoudig net nie ophou om aan hulle te dink nie.
Weet jy, dis nie altyd belangrik om die waarheid ten alles koste te verdedig nie. So baie lyke lê al in die naam van die waarheid langs die pad. Mense wat die kerk gelos het of selfs hulle geloof in God, omdat ander die waarheid tot die tande toe verdedig het en in die proses die mens en sy behoeftes gemis het. Dit vertel ’n storie van mense wat die liefde vir ander mense gemis het.
Die lyn is baie fyn. Daarom is dit so belangrik dat ons orals die ander mense en hulle behoeftes in die oë sal hou en dat ons met alles in ons lief sal wees vir ander. Stel die liefde eerste, want dan sal ons heeltyd in God se gedagtes wees.
Om oor na te dink
Hoe sterk voel jy oor die waarheid?
Waar het jy al, ten koste van liefde, vir die waarheid opgestaan?
Waar is God se liefde nou nodig?
Gebed
Here, ons maak so maklik ons eie reëls. Ons staan so maklik vir dinge op, selfs vir die waarheid, en is dan onsensitief teenoor ander en hulle behoeftes. Ek weet ons moet optree in liefde. Tog kry ons dit nie altyd reg nie. Help ons om met liefde na ander te kyk en dienooreenkomstig op te tree. Amen