Tot die dood…
Hoe sterk is jou geloof in God? Deur hoeveel swaar sal jy gaan vir God? Tot watter uiterstes sal jy aanhou en voortbeur om nie vir God in die steek te laat nie? Sal jy aan jou geloof bly vashou al word jou lewe as gevolg van jou geloof bedreig?
’n Paar weke gelede kry ek die e-pos wat smeek om gebed:
A friend from Ohio just got a text message from her brother asking her to shower him and his parish in prayer. He is part of a mission team and ISIS has taken over the town they are in today. He said ISIS is systematically going house to house to all the Christians and asking the children to denounce Jesus. He said so far not one child has.
And so far all have consequently been killed.
But not the parents. The UN has withdrawn and the missionaries on their own. They are determined to stick it out for the sake of the families – even if it means their own deaths.
He is very afraid, has no idea how to even begin ministering to these families who have had seen their children martyred. Yet he says he knows God has called him for some reason to be his voice and hands at this place at this time. Even so, he is begging prayers for his courage to live out his vocation in such dire circumstances.
And like the children accept martyrdom if he is called to do so.
She asked me to ask everyone we know to please pray for them. These brave parents instilled such a fervent faith in their children that they chose martyrdom.
Ek wonder kliphard of ek bereid sal wees om toe te kyk as my kinders weier om Jesus se naam deur die modder te sleep en dan toe te laat dat hulle voor my oë vermoor word?
Hier is Paulus se storie:
24Ek het harder gewerk as al daardie mense. Male sonder tal is ek in die tronk gegooi. Ek is meer kere geslaan as wat ek kan onthou. Dikwels het my lewe aan ’n draadjie gehang. Vyf maal het die Jode my laat gesel deur my die gebruiklike 39 houe te slaan. 25Drie maal is ek met stokke toegetakel. Een keer is ek met klippe gegooi en vir dood agtergelaat. Drie keer het die skip waarop ek was, gesink. ’n Ander keer moes ek ’n hele dag en nag op die oop see ronddryf. 26Ek het ook al die wêreld vol gereis. En ek moes al ’n groot klomp gevare trotseer: vol riviere; rowers wat my wou aanrand; my eie volksgenote en ander mense wat nie aan Israel behoort nie wat my prediking verwerp het; gevare in die stede en in woestyne; storms op die see en vals gelowiges wat my in die steek gelaat het. 27Ek moes ook baie hard werk. Baie nagte het ek nie ’n oog toegemaak nie. Dikwels het ek niks gehad om te eet of te drink nie. Kos was maar altyd ’n skaarste. Ek het ook nie altyd genoeg warm klere gehad om my teen die koue te beskerm nie. 28Asof dit nie genoeg is nie, moet ek ook nog elke dag ’n groot klomp krisisse hanteer. Die verskillende gemeentes se probleme lê swaar op my hart.29Wanneer party gelowiges wil tou opgooi, voel ek hulle pyn aan my eie lyf. En wanneer hulle in die sonde val, voel dit vir my asof ek self deur die vuur stap. 32O ja, toe ek vroeër in Damaskus was, het die goewerneur van koning Aretas sy soldate beveel om die stad op te pas sodat ek nie kon ontsnap nie. 33Toe het die gelowiges my in ’n mandjie versteek en deur ’n venster in die stadsmuur laat afsak. So het ek daarin geslaag om te ontsnap.
Ek wonder of my geloof sterk genoeg is. Ek wonder of my liefde vir God diep genoeg is. Ek wonder of ek die guts het om ook so op te staan, terwyl alles om my val? Ek wonder…
Teks
Om oor na te dink
Sal jy?
Sal jy?
Sal jy?
Gebed
Vader, nou is ek nie heeltemal seker wat om te bid nie. Amen