Vrugte van die Gees: Vriendelikheid en warmte
Sommige mense is soos magnete wat ander outomaties aantrek. Ander is weer soos magnete wat dieselfde pole het wat die heeltyd ander wegstoot. Dis nie lekker om in sulke mense se bubble te wees nie.
En mense wat so misluk is, wil gewoonlik self ook nie so wees nie. Hulle wil nie ander afstoot nie, maar êrens binne hulle het daar ’n kortsluiting gekom en nou is hulle gedrag van so ’n kleur dat dit mense afstoot.
Op die internet is daar ’n webtuiste, wikiHow, wat jou help om netjies teenoor ander op te tree. Daar is verskeie artikels, maar die een wat my aandag getrek het, is: How to get along with people and be nice (with pictures).
22… Hulle straal vriendelikheid en warmte uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Is jy die magneet wat ander aantrek of is jou magneet verkeerdom en stoot jy ander mense weg? Al voel jy hoe, glimlag jy altyd? Al is mense hoe onbeskof, val die vriendelike vrugte hulle brommery plat?
Dis net lekkerder om in sommige mense se bubbles te wees. Sulke mense is altyd vriendelik, maak nie saak hoe die omstandighede lyk waarin hulle hulle bevind nie. Wanneer jy wegstap van hulle is jy anders, positief anders. Jy het ’n hoop energie by hulle gekry en jy sien weer kans om jou lewe aan te vat. Eintlik wens jy jy kan soos hulle wees. Hoe kry hulle dit reg?
Eintlik is dit nie hulleself wat dit regkry nie, maar die Heilige Gees wat in hulle woon. Hulle het ruimte gemaak vir die Gees om in hulle te woel en dit wat jy in hulle bubble ervaar, is een van die vrugte van die Gees: Hulle straal vriendelikheid en warmte uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees.
As jy die woord vriendelikheid in die helfte deel, spel die eerste gedeelte van die woord: Vriende. As ek na my kring vriende kyk, besef ek dat ek juis die vrug van die Gees tussen hulle ervaar. In die kring van vriende is ek veilig. Ek kan net myself wees en hoef nie bang te wees dat hulle iets oor my gaan kwytraak wat my in ’n swak lig gaan stel of my gaan seermaak nie. Hier kan ek my hele wese in eerlikheid voor hulle gaan neerlê en weet dat hulle my nie sal spot of deur ’n lagbui oorval sal word nie. Met enige probleem kan ek aan hulle deur klop en hulle sal help soek vir oplossings. Maar meer nog, hulle stel werklik belang en sal gereeld in kontak bly om te hoor wat pla.
Dis baie spesiaal om sulke vriende te hê waar ’n mens kan deel en proe aan die vrugte van die Gees.
Het jy al opgemerk dat die soort mense se eie ek nooit voor in die koor is nie? Nee, die ander een en sy behoeftes staan in die middel. Hulle stel regtig intens belang in jou omstandighede en kyk waar hulle ’n bydrae in jou lewe kan maak. Daarom is dit lekker om by hulle te wees en mense wil keer op keer na hulle terugkom.
Hierdie vrug moet ook deel wees van ons. Ander mense moet ook in ’n ry staan om in ons bubble te kom waar hulle ware vriendelikheid en positiewe energie en kan kry.
Teks
Om oor na te dink
Kry jy dit reg om altyd opreg vriendelik te wees?
Staal jy warmte uit na ander?
As jy dit nie regkry nie, wat kan jy daaromtrent doen?
Gebed
Vader, dis so lekker om naby mense te wees wat vriendelik is en warmte uitstraal. Ek wil ook graag so wees. Dankie dat U Heilige Gees dit vir my moontlik maak. Amen