Watter hond gee jy kos?
’n Vriend van my uit Holland stuur die volgende verhaaltjie vir my:
Daar was eens een ou man wat met sy kleinseun in die veld by die vuur sit.
Die seuntje vra die ou man alles oor goed en kwaai dinge.
Oor skinner en kwaaisprekerij, oor slegte goed wat mense doen, maar heel in het bysonder oor slegte dinge wat mense praat.
Oupa verduidlik hom dat daar in elke mens twee honde woon.
Een bruin en een witte hond.
Die bruin hond verteenwoordig die slegte goed in een mens en beinvloed ook sy gedachte sodat die sleg word.
Die witte hond verteenwoordig die goeie dinge in een mens en laat hom oor alles goeie dinge sê.
Oupa sê: “Kyk seuntjie, die twee honde stry nu jou hele lewe om die beste plek in jou hart.”
“Maar Oupa,” vra sy kleinseun: “Wie van die twee honde gaan die baklyery nou wen”
Oupa sê toe: “Die hond die jy die meeste kos gee”
Elke dag staan ek en jy voor ’n hoop keuses. Ons moet kies tussen reg en verkeerd, goed en kwaad. Die ergste is dat die verkeerde so vervleg is met die goeie dat ons nie meer weet wat die verskil is nie. En ons sondige natuur help nie eintlik om die regte keuses te maak nie. Inteendeel!
21Julle onthou mos hoe julle voorheen op die verkeerde pad was. Julle was nie God se vriende nie; inteendeel, julle was sy vyande. Julle slegte gesindheid het veroorsaak dat julle net so sleg opgetree het.
Ja, toe ons nog nie vir God geken het nie, het dit maar woes gegaan. Ons elkeen kan ’n hoop stories vertel waar ons teen die wil van God geloop het. Die gevolge was nie altyd goed nie.
Gelukkig het Jesus in ons plek die pak kom vat en juis as gevolg daarvan staan ons nie meer skuldig voor God nie. Dankie tog! Maar dit beteken nie dat ons nie meer daagliks gekonfronteer gaan word met besluite tussen reg en verkeerd, goed en kwaad nie. En kom ons sê dit nou maar reguit vir mekaar: Dit is nie altyd maklik om reg teenoor verkeerd te kies nie.
Soms lyk dit net meer aanloklik om vir die bruin hond kos te gee en op ’n manier begin ons dit in ons kop regverdig. Ag, niemand sal dit mos ooit weet nie. Net hierdie een keer…
My vriend uit Holland skets ’n mooi prentjie van keuses. Die vraag aan jou is watter hond gee jy kos, want die een wat die meeste kos kry, sal as wenner in jou lewe gekroon word.
Skrifgedeelte
Om oor na te dink
Waarmee sukkel jy?
Watter hond kry die meeste kos in jou lewe?
Wat moet jy anders doen?
Gebed
Ons Vader, ek laat sak my kop in skaamte. U het so baie vir my gedoen. Selfs U seun laat sterf aan ’n kruis vir my sondes. Dankie daarvoor, maar ek weet ek moet beter keuses maak. Die verkeerde hond kry te veel kos. Amen.