Gedagtes gou by die deur uit
Sonde daag nie met ’n groot geraas by die voordeur op en druk die klokkie totdat jy oopmaak nie. Sonde weet dat as dit op so ’n manier aankom, die huiseienaar dadelik die deur sal toegooi en keer dat die strooi daar instap. Sonde kom saggies en subtiel, sonder aankondiging. Eintlik ongemerk word daar ’n […]
Read More
Keer die pothole
Ons tree op by ’n skool in Wolmaransstad. Die mense waarsku ons dat die paaie in die dorp nie so goed is nie. Ons wat van die Wes-Kaap af kom, ken nie eintlik potholes nie. Ons kan nie glo wat ons sien nie. Dis die een pothole op die ander. Die een groter as die […]
Read More
Waar’s God se seën dan heen?
Ek en ’n vriend sit rustig op ons kampstoele en ek getuig hoe goed God vir ons is. Ek moet myself keer om nie die gesprek oor te vat nie, want daar is soveel stories wat ek wil vertel van hoe getrou God is en elke maand voorsien. Skielik vra hy hoekom daar dan plekke […]
Read More
God pootjie niemand nie
Wanneer ons mense swaar trek, wil ons altyd eers ander mense of iets anders beskuldig. Dis mos altyd iemand anders se skuld dat ek in die benarde situasie sit. Wanneer ons nie iemand of iets anders kry om die skuldpakkie vir ons swaar te dra nie, kom God onder skoot. Ons kry onsself jammer en […]
Read More
God nie die outeur van swaar
Swaar in ’n mens se lewe trek die brieke hard op. Ewe skielik is niks anders meer so belangrik soos die krisis voor die deur nie. Die gejaag na die volgende vergadering word met een oproep gestop. Die gesprek wat nie kon wag nie, nou sommer op die langebaan gestuur. Selfs die baas word net […]
Read More
Die oorwinnaarskroon wag op die wat staande bly
In die ou antieke spele is die atlete wat eerste gekom het, met ’n wennerskroon beloon. Die kroon is uit lourierblare en takkies gemaak. Groot was die fees vir elke wenner na die tyd, maar die volgende môre was die blare en takkies verwelk en moes die ouens maar weer begin oefen vir die volgende […]
Read More
Voorspoed vir die nuwe jaar
Voorspoed vir die nuwe jaar. Ek hoop regtig dat 2023 ’n baie goeie jaar sal wees en dat jy al die pad die guns van ons Hemelse Vader oor jou sal ervaar. Daarom wil ek jou uit my hart uit seën met hierdie seëngebed uit die vroeë kerk: Die Here is voor jou om die […]
Read More
Ware geluk te vinde
’n Mens kan alles in die wêreld hê. Jy kan so veel geld hê as wat jou hart begeer. Jy kan die grootste en mooiste huis en die vinnigste en rooiste kar in die garage hê. Jy kan ’n empire van ’n besigheid staan gemaak het. Jy kan die mooiste, fynste of sterkste eggenoot of […]
Read More
’n Laaste briefie
En hier is ons weer aan die einde van nog ’n jaar. Die eerste normale jaar na COVID, of was dit? Vir sommige moes die afgelope 2 jare se verlore goeters saam met vanjaar se uitdagings opgevang word. Sommige het dit reggekry, ander nie. Almal is moeg. Moeg vir die voortslepende krag, politieke en ander […]
Read More
Toets van die geloof
By die fabriek het ons produkte van polimeer gemaak. Eenvoudig gestel, is dit resin, silikasand en kalsiumkarbonaat wat gemeng word om ’n verskriklik harde produk te vorm. Elke week het ons ’n blokkie na die Universiteit van Stellenbosch gestuur om die druksterkte te toets. Die wit waks word letterlik uit die blokke gedruk en die […]
Read More