God se Woord in vandag se woorde

Bid, smeek en sê dankie


Filippense 4:1-9

Ek staan by ’n skoolfunksie en praat met ’n besigheidsman wat die afgelope jaar deur diep waters gegaan het. Ander het amper sy besigheid onder hom uitgesteel. Hy ken van swaar. Hy ken van mense wat jy met jou hele lewe vertrou het en wat jou dan in die maag skop. Hy ken van spanning en probeer om die stukkies op te tel en reg te maak wat wolf in skaapsklere verwoes het.

Terwyl ons praat, vertel hy hoe hy net vasgehou het aan die Woord van God en sonder om twee keer te dink sê hy: “Daar êrens in Filippense 4…” Ek help hom met die vers, want dis presies waar ek die afgelope paar oggende stilstaan: “Dis vers 6!” (vir ’n slaggie kan ek ook onthou waar iets in die Bybel staan!) en sonder om te blik of bloos rol die Engelse vertaling by sy mond uit: 6Do not be anxious about anything, but in every situation, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God. (NIV)

Uit ondervinding verduidelik hy dat ’n mens meer as net moet bid. Jy moet petisie aanteken. Petisie is ’n sterker term as gebed – dis die volgende vlak in gebed. Ons moet voor God kniel en elkeen van die uitdagings wat in ons pad lê voor Hom neersit. Ons moet by Hom smeek om ons te help. Een vir een moet ons dit voor God uitpak.

Nou vra jy seker hoekom moet ons dan so smeek voor God. Hy weet mos van alles, ook van die uitdagings in ons lewe. Ja, dis reg. God weet van ons probleme en uitdagings nog voor ons daarvan weet. Dit gaan egter nie oor God nie, maar eerder oor die effek wat dit op die mens het. In die smeking en die uitpak van alles voor God, raak ons anders. Dis dan wanneer ons eers regtig verstaan wat ons probleme is. Dis in die uitpak voor God waar ons verstaan wat ons moet doen en wat die rol van God is. Alles kry perspektief en ons besef dat ons ’n hemelse Vader het wat ons graag wil help. En ons raak anders.

Ons kan selfs in ’n swaar tyd soos nou vir God dankie sê. Barnes (e-Sword) verduidelik hierdie dankseggingsgebed so mooi:

Thanksgiving connected with prayer. We can always find something to be thankful for, no matter what may be the burden of our wants, or the special subject of our petitions. When we pray for the supply of our wants, we may be thankful for that kind providence which has hitherto befriended us;

  • When we pray for restoration from sickness, we may be thankful for the health we have hitherto enjoyed, and for God’s merciful interposition in the former days of trial, and for his goodness in now sparing our lives;
  •  When we pray that our children and friends may be preserved from danger and death, we may remember how often God has interposed to save them;
  • When oppressed with a sense of sin, we pray for pardon, we have abundant cause of thanksgiving that there is a glorious way by which we may be saved.

The greatest sufferer that lives in this world of redeeming love, and who has the offer of heaven before him, has cause of gratitude.

In hierdie proses van bid en smeek en dankie sê verander die mens. Glo dit! Vrede val jou gemoed plat. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (ANV)

Doen dit! Probeer dit! En wag op God…

Om oor na te dink

Waar haak dit?

Praat jy met God?

Wat is die moontlike wat jy kan doen?

Gebed

Vader, U is ’n Pa wat werklik sorg en omgee vir u kinders. U wil hê ons moet ons bekommernisse en lewens met U deel sodat ons kan beleef hoe getrou U is. Dankie dat ons vrede kan beleef wanneer ons U deel maak van ons lewe. Amen.

Print Friendly, PDF & Email

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek
Gesels gerus hier!
Hulp nodig?
Hallo👋
Hoe kan ons help?