God se Woord in vandag se woorde

Dade spreek meer woorde


Uit die brief wat Paulus vir Filemon skryf, leer ’n mens baie van Filemon en hoe hy geleef het. Paulus gee ‘n wonderlike getuigskrif van Filemon se lewe. ’n Mens sal dink hulle is jare lange vriende wat elke naweek saam gebraai het. Maar eintlik het Paulus nie vir Filemon geken nie. Wat Paulus van Filemon skryf, is net nuus wat hy via ander van hom gehoor het.

7My liewe vriend, jou liefde vir ander Christene is vir my ’n riem onder die hart. Dit bring groot vreugde en troos vir my. Jy het al so baie beteken vir mense wat God dien.

Wanneer ’n mens ‘n bietjie dieper in die oorspronklike teks gaan loer, kry ’n mens nog meer. Filemon was fisies betrokke en het gesorg dat honger mense se mae gevul word. Maar hy het verder gegaan. Filemon het geweet hoe swaar mense leef as hul vreugde gesteel is. Daarom het hy alles gedoen om hulle harte weer met vreugde te vul.

Maar Filemon stop nie hier nie. Die las wat die mense in Filemon se invloedsfeer in hul gees gedra het, die druk op hul gedagtes, het hy verwyder. Nie net minder gemaak nie. Nie net ’n salfie gesmeer en die Here se seën oor hulle uitgespreek nie. Nee, hy het die swaar in hulle koppe weggevat.

Filemon se werk het mense se lewens binne en buite verander. Hy het rus gebring. Hy het hulle vertroos. As Filemon wegstap, was hulle lewens verkwik. Vir almal was dit lekker dat hy deur hul lewens gestap het.

Op ’n manier het Filemon soos Jesus gedoen (Henry, e-Sword).

Watter voorbeeld is dit nie vir ons nie! Ons moet ook so wees. Al het mense ons nog nie ontmoet nie, moet hulle stories oor ons kan skryf oor alles wat ander al van ons dade vertel het.

Johan vertel dat hy ’n opgevoude papiertjie in sy pa se ID-dokument gekry het, na sy afsterwe:

As Forrest H. Kirkpatrick put it:

“The eye’s a better student and more willing than the ear;
Fine counsel is confusing, but example’s always clear;
And the best of all the preachers are the men who live their creeds,
For to see the good in action is what everybody needs.

I can soon learn how to do it if you’ll let me see it done;
I can watch your hands in action, but your tongue too fast may run;
And the lectures you deliver may be very wise and true,
But I’d rather get my lesson by observing what you do.

For I may not understand you and the high advice you give,
But there’s no misunderstanding how you act and how you live.”

Mag dit ook waar woorde oor ons eendag wees.

Teks
Filemon 1:4-7

Om oor na te dink
Hoe lyk jou woorde?
Hoe lyk jou dade?
Is dit vir ander ’n mooi prentjie?

Gebed
Jesus, ek wil soos U lewe. Ek wil meer doen as praat. Ek wil mense se lewens anders maak, deur wat ek doen. Amen.

Print Friendly, PDF & Email

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek