Kruispad Aanlyn Nagmaaldiens: Paasvrydag
Versprei die Woord deur ander te vertel van hierdie spesiale diens op Goeie Vrydag, 10 April om 9h00 (heruitsending 19h00). Kyk na Golgota deur die oë van die soldaat wat vir Jesus aan die kruis vasgeslaan het. Eenman-vertoning deur Johan Laten.
Ons bied Sondae om 9h00 en weer om 19h00 ‘n aanlyn erediens op https://kruispad.online.church/ aan. Hierdie platform word ook vir Vrydag se diens gebruik. Enige persoon kan inskakel en so saam die gemeenskap van gelowiges ervaar.
Baie dankie dat jy saam met ons God se Woord versprei.