God se Woord in vandag se woorde

Die direksie


Die Here omring Kruispad met giants. Met dié direksie kan ons enige storm deurstaan. Die direksie bestaan uit: Gideon Hefer, Hein Swart, Gerhard Kotze, Lee September, Gerjo Ben en Renata van der Merwe. Hier is 'n bietjie meer inligting oor elkeen:

Gerhard Kotze

Wat doen jy nou? Tyd vir teruggee en reis. Met wie is jy getroud en kinders se name? Anna-Maria, en ons dogters – Laura, Hanna, Jacobie Wat maak jou die dinges in? Oneerlikheid en swak bestuurders sonder respek vir ander. Waar woon jy? Hoofsaaklik in Stellenbosch en soms L’Agulhas. Wat gee jou energie? Om iemand anders te sien sukses behaal en om in die diep-Afrika bos te wees. Wat doen jy in jou af tyd? Ek is heeltyd op “aftyd”, ek draf, ry graag fiets en spandeer graag tyd met my familie. Wat is jou roeping? Om ander te help en ‘n positiewe leefwyse uit te dra. Wat laat jou goed voel? Kwaliteit tyd saam met familie en om te sien dat mense geleenthede aangryp. Wat tap jou energie? Admin, politiek en negatiewe mense. Wat laat jou lag? Skerp humor in enige situasie.

Gideon Hefer

Wat doen jy nou? Besturende Direkteur van ’n landboumaatskappy Met wie getroud en kinders se name? Getroud met Nina. Ons kinders is Carla, Mico en Anika. Ons het ook 3 honde en ’n kat. Wat maak jou die dinges in? Mense / instansies wat weerlose mense uitbuit. Mense wat net hulle eie belang nastreef – veral ten koste van ander mense. Negatiwiteit oor Suid-Afrika (“Doom & gloom” profete). Skynheiligheid. Vraelyste ... nie regtig nie. Waar woon jy? Die Boord, Stellenbosch Wat gee jou energie? Familie, vriende en fietsry. Spanwerk. Vraelyste Wat doen jy in jou af tyd? Familietyd, vriende, kyk rugby en ry fiets. Vul vraelyste in. Wat is jou roeping? Om ’n verskil te maak ... Om Jesus se hande en voete te wees vir alle mense met wie ek te doen kry Wat laat jou goed voel? As mense deurbrake kry met goed waarmee hulle stoei. Om deel van ’n lekker span te wees. As my gesin gelukkig is. Vraelyste. Wat tap jou energie? Negatiewe mense en mense wat met tweede beste tevrede is. Mense wat nie ander mense se punt insien of bereid is om na ander se standpunte te luister nie. Konflik oor nietighede. Vraelyste. ? Wat laat jou lag? ’n Goeie storie. Vriende

Hein Swart

Wat doen jy nou? Besturende Direkteur Met wie getroud en kinders se name? Getroud met Mariette en kinders Joa (24), Fourie (20) en Joubert (20). Wat maak jou die dinges in? Oneerlikheid en snobisme. Waar woon jy? Henneman, Vrystaat. Wat gee jou energie? Humor, vriende en innovasie. Wat doen jy in jou af tyd? Family Time, kamp, stap en ry fiets. Wat is jou roeping? Mentorskap en leierskap. Wat laat jou goed voel? Positiewe mense, natuur en harmonie. Wat tap jou energie? Geweld, korrupsie en armoede. Wat laat jou lag? Komediese flieks en grappies.

Lee September

Wat doen jy nou? Deur die dag is ek 'n Agile Coach en Development bestuurder by 'n sagteware maatskappy en na ure probeer ek om eie besighede aan die gang te kry. Wie is jou vrou en kids? Ek hoop om nog my vrou te vind, dan kan ons dink aan kinders. Wat maak jou die dinges in? Mense wat ander gebruik. Waar woon jy? Nederland Wat gee jou energie? Goeie worship of afrikaanse musiek en 'n bietjie wegbreek van die daaglikse gewoel doen my altyd goed. Wat is jou roeping? Om 'n verskil te maak in die volgende generasie met God aan my sy. Wat laat jou goed voel? As die mense rondom my gelukkig is. Wat tap jou energie? Om iets te doen sonder 'n doel te doen, daar's altyd 'n hoekom, probeer dit vind. Alles in die lewe lei na iets wat God vir ons uitgesit het. Wat laat jou lag? 'n Lekker kuier saam met goeie vriende, familie of 'n goeie fliek.

Renata van der Merwe

Wat doen jy nou? Ek werk voltyds saam met Gerjo Ben in die Kruispad bediening. Met wie getroud en kinders se name? Getroud met Gerjo Ben. Ons kinders is Alet-Mari, Mia en Benno. Wat maak jou die dinges in? As die swart sakke oopgeskeur word voordat die munisipaliteit die drom kom leegmaak. Waar woon jy? Stellenbosch Wat gee jou energie? Wanneer mense as die liggaam van Christus in "full operation" saamwerk. Wat doen jy in jou af tyd? Ek geniet dit om tyd met my familie deur te bring. Wat is jou roeping? Om God se Woord in vandag se woorde met ander te deel. Wat laat jou goed voel? Wanneer my man vir my komplimente gee! Wat tap jou energie? Om mense te motiveer wat nie lus is nie ... Wat laat jou lag? My kinders se sê-goed.

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek