God se Woord in vandag se woorde

Inligting video


In ‘n onderhoud op KykNet se Dagbreek program vertel Gerjo Ben meer van Kruispad.

Kruispad is ’n christelike bediening wat gebruikers/lidmate elektronies met die Woord van God bedien.

Die wêreld raas so daar buite dat die mens nie meer God se Woord hoor nie. Daarom poog Kruispad bediening om God se Woord in gewone verstaanbare taal na die verbruikers se skerms te bring (meer oor die visie).

Die Kruispad bediening is in 2005 deur Gerjo Ben van der Merwe  begin waar hy vir ’n paar jaar oordenkings vir ’n paar vriende gestuur het. In 2010 het hy dit egter aan 300 nuwe gebruikers gestuur. Die bediening het so gegroei dat dit aan die einde van 2013 meer as 30 000 gebruikers bedien het (agtergrond). In 2012 is die van der Merwe gesin voltyds in die bediening.

’n Direksie is saamgestel om die vinnige groeiende bediening te help lei en The Crossroad Company NPO is gestig. www.kruispad.com, www.crossroad247.com, www.take-action.co.za vorm deel van die nie-winsgewende organisasie.

Uit die bediening het daar verdere bedieninge ontstaan. Meer as 50 vrywilligers help om op gebedsversoeke persoonlik te reageer en daarvoor in te tree. In die pastorale bediening word ’n groot aantal persoonlik kwessies van gebruikers hanteer.

Op ’n manier is die kruispad bediening ’n kerk, aangesien mense nie soseer na geboue gaan om gemeenskap van gelowiges te ervaar nie, maar eerder dit eerder op hul skerm beleef. Daarom moet daar nuut gedink word en word daar gepoog om voortdurend die rigting te bepaal om sodoende God se Woord nuut en vars by die gebruikers uit te bring (navorsings resultate).

In die Kruispad bediening gaan dit ten eerste oor God en om God se woord vir die mense in strate van die lewe te bring.

Print Friendly, PDF & Email

Sluit aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek