God se Woord in vandag se woorde

Kwaad word is eintlik normaal


Baie mense, insluitend ekself, kyk die impak van die brief aan die Kolossense mis, want hier is eintlik baie goeie en praktiese raad vir ons as Christene vandag. Elkeen van ons word ’n paar keer gekonfronteer met verkeerde gedrag waaraan ons dikwels skuldig is. Hier kom die volgende konfrontasie:

7Julle weet goed waarvan ek praat. Julle het self vroeër so geleef. 8Maar daardie tyd is nou vir julle verby. Dit beteken natuurlik dat al die lelike dinge waarvan God nie hou nie, ook vir julle iets van die verlede moet wees. Sal ek vir julle ’n paar opnoem? Dink maar aan ’n slegte humeur of om oor alles te wil baklei. Hier volg nog ’n paar, maar kom ons staan eers hier stil. Baie van ons sukkel hier.

’n Mens mag kwaad word, want dit is een van die emosies wat God vir ons gegee het. Ons mag kwaad word oor misdaad wat gepleeg word. Ons mag kwaad word oor korrupsie, want hierdie emosie kan wys dat ons nie saamstem met al die verkeerde dinge nie.

’n Amerikaanse sielkundige, Dr Mary Lamia, gee ’n goeie omskrywing:

Anger deserves appreciation. Designed to produce action in response to the violation of social norms or to remedy situations that are wrong, anger alerts you to circumstances that are unjust and tells you that you’re having a reaction to something that should not be as it is. Often anger is conceptualized as a disruptive emotional force, but it is meant to be an adaptive internal signal that cues self-protective action. Actually, anger is a good emotion that sometimes is misunderstood or irrationally misused. (https://www.psychologytoday.com/blog/intense-emotions-and-strong-feelings/201108/maybe-you-should-be-angry)

Ek vermoed dat ons kwaad word nie kan stop nie. Die emosies wat daarmee saamgaan kom outomaties – eintlik borrel dit mos so op en ’n mens se kraag raak rooi. Maar sien, dis nou hier waar ons ’n keuse het oor die manier waarop ons op die emosies gaan reageer. Gaan ons die energie wat dit losgemaak het reg gebruik of gaan ons toelaat dat ons dit verloor en dinge sê en doen waaroor ons dalk later gaan spyt wees?

Ons het soveel selfbeheersing nodig om die natuurlike kwaad word wat in ons opstoot met wysheid te beheer. Ons almal het dit nodig. Kyk maar net wat gebeur as die kinders alweer iets aanvang of jou eggenoot wat net nie wil verander nie. Selfs die bestuursvernuf van ander of juis die afwesigheid daarvan laat almal se top blaas.

Ons het hope wysheid nodig. Op ons eie kan ons die bestuur van kwaad word nie regkry nie. Ons het vir seker versterkings nodig. Ons moet die Heilige Gees vra om ons elke oomblik van die dag by te staan. Ons moet eers erken dat kwaad word deel is van ons mondering. Ons moet verstaan dat dit ’n verdedigingsmeganisme is wat inskop. Vanuit die staanspoor gaan ons heel eerste vir onsself cover en nie eintlik dink aan die ander en hoe die ander ons ervaar nie.

Wag eers ’n oomblik na die kwaad word en gee kans vir die wysheid om in te sak en beplan dán die reaksie. Dit sal vir almal beter wees en werk soos God dit beplan het.

Teks

Kolossense 3:5-6

Om oor na te dink

Wat maak jou boos?

Wat laat jou jou humeur verloor?

Wat kan jy doen om dit te keer?

Gebed

Vader, ons is soms te vinnig uit die blokke. Dan raak ons kwaad en ons sê dinge wat eintlik maar kon gebly het. Help ons om ons emosies in toom te hou sodat ons nie spyt sal kry oor ons reaksies wanneer ons kwaad word nie. Amen.

Print Friendly, PDF & Email

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek
Gesels gerus hier!
Hulp nodig?
Hallo👋
Hoe kan ons help?