God se Woord in vandag se woorde

Leiersgids aansluiting


Kruispad.com het so pas ‘n aanlyn interaktiewe leiersgids geloods. Die eerste in die wêreld!

Die leiersgids, wat op die Kruispad App beskikbaar is, bied alle inligting wat ‘n leier benodig om ’n interessante en kreatiewe groep aan te bied. Elke week word ’n aktuele onderwerp behandel wat aansluit by die boodskappe wat in die week uitgestuur word.

Die leiersgids bevat die volgende: teksverse, gebed, ‘n aktiwiteit, omgeevraag, opsomming van die week se dagstukke, bespreking en interaktiewe vrae, video’s en nog vele meer. By die skool, universiteit, kollege, kerk of onder ’n bos kan twee of meer bymekaarkom en nie net gemeenskap van gelowiges ervaar nie, maar oefen om ware dissipels van Jesus te wees.

Indien jy ‘n leier is en graag die leierskapgids wil gebruik, verskaf asb jou besonderhede hier onder. ‘n Password sal na jou ge-epos word.

Versprei die woord so ver jy kan!

Print Friendly, PDF & Email

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek