God se Woord in vandag se woorde

In moeilike tye ook opgeroep


Filippense 1:12-18

Ek staan weer by presies dieselfde teksverse stil en vertel ’n verhaal uit die dae in die besigheidswêreld. Dit was ’n dag voor ek na die CCMA moes gaan. Is deur die unie vir een of ander belaglike ding gedagvaar. Ek moes nou met ander mense wat ek van geen kant af ken nie kommunikeer oor my eie mense se dinge. Dit was vir my glad nie lekker nie en ek was vrek gespanne. Dit was die Sondag voor die verhoor en ek het iets gesoek om aan vas te hou. Hier is die stuk wat ek daardie dag geskryf het:

Ek wil die eerste paar verse sommer tik, sodat hulle regtig hier in my kop kan gaan vassteek, want dit is presies wat ek nou nodig het. Ek is eintlik, al is dit Sondag, vrek gespanne vir môre en ja, op ’n manier is die fun van die besigheid net weg. Daarom het ek vandag Paulus se motto so nodig: 12My liewe vriende, ek wil julle graag iets vertel. Al die dinge wat so met my gebeur, lyk of dit sleg is, maar eintlik is dit goed. Hoekom is dit goed? Dit help die verkondiging van die evangelie aan. 13Nie net al die wagte in die paleis nie, maar ook al die ander mense sien duidelik dat ek hier in die tronk is net omdat ek ’n Christen is. 14Dit het bowendien ’n goeie invloed op die meeste ander mense wat ook die Here dien. Hulle sien dat daar selfs iets goeds van kan kom om in die tronk te sit. Dit laat hulle moed skep. Hulle is nie meer bang om oor Jesus te praat nie. Waar hulle vroeër maar stilgebly het omdat hulle te bang was, begin hulle nou al hoe meer oor Hom praat.

Ek wonder of ek so ’n positiewe lewensuitkyk kan opbou?

Tog moet ons besef dat God ons nooit alleen los nie, maar baie keer raak ons doof vir sy stem en moet Hy van ander taktiek gebruik maak om sy woord te bring. Dis nou soos ek wat môre na die CCMA moet gaan om met die unie te praat. Ek was en ja, is nog, ietwat gespanne oor die affêre en eerlik niks lus daarvoor nie. Tog besef ek dat die omstandighede hiervan nie veel verskil van Paulus s’n nie. Dit is ook soos ’n verhoor en daar is ’n klomp ore wat die Evangelie moet hoor. Ek is die een om dit te gaan bekend maak. Aan die een kant is dit dus ’n voorreg dat God my wil gebruik om die Evangelie daar in die hofsaal uit te dra.

Al weet ek daar is soort van ’n, mag ek sê bo-natuurlike doel, vir my besoek aan die hof môre, neem dit nie die spanning weg nie. Ek is nog steeds ge-worry en eintlik het ek glad nie tyd daarvoor nie. Tog, op ’n manier maak dit vir my die besoek aan die hof so ietwat makliker. God het ’n plan. Dit is dalk nie my idee nie, maar God kan en sal die negatief omdraai in ’n positief. Ek moet net daar instap en soek watter van die manne moet hoor van die Lewende God?

Is daar iets wat druk aan jou kant? Sien jy ook nie meer kans vir die dag van môre met al sy probleme nie? Wens jy soms dat môre nie moet kom nie? Bou jy dalk lugkastele waarin al die probleme reeds opgelos is en almal lekker maatjies is?

Ek het nuus vir jou: Jou probleme gaan nie soos mis voor die son verdwyn nie. Miskien is jy die een wat moet verander. Miskien moet jy besef dat God hierdie goed wil gebruik om die Evangelie na ander mense te bring. Ons moet dus juis in hierdie moeilike omstandighede opstaan en toelaat dat die Heilige Gees die praatwerk doen. Ons moenie bang wees om God se boodskap na vreemde plekke te neem nie.

Ek stap môre met een missie na die CCMA se hofsaal: Wie van julle moet die Evangelie hoor en sien? Sjoe, maar nou is ek darem braaf!

Ek kan nie meer presies onthou wat daar by die CCMA gebeur het nie, maar ek weet dat ek ongeskaad daar uitgekom het. Ek weet ook dat God se naam daardeur verheerlik is en dat Hy die negatiewe omgedraai het in ’n positief.

Dalk is dit jou uitdaging vir dit wat voorlê. Luister na die liedjie van Kari Jobe: You are for me (https://youtu.be/r5tbZaBwJsc):

So faithful

So constant

So loving and so true

So powerful in all You do

 

You fill me

You see me

You know my every move

You love for me to sing to You

 

I know that You are for me

I know that You are for me

I know that You will never

Forsake me in my weakness

 

And I know that You have come now

Even if to write upon my heart

To remind me who You are

 

So patient

So gracious

So merciful and true

So wonderful in all You do

 

You fill me

You see me

You know my every move

You love for me to sing to You

 

Lord, I know that You are for me

I know that You are for me

I know that You will never

Forsake me in my weakness

 

And I know that You have come now

Even if to write upon my heart

To remind me that…

 

I know that You are for me

I know that You are for me

I know that You will never

Forsake me in my weakness

 

And I know that You have come now

Even if to write upon my heart

To remind me who You are

 

You remind me

 

I know that You are for me

I know that You are for me

I know that You will never

Forsake me in my weakness

 

And I know that You have come now

Even if to write upon my heart

To remind me who You are

 

Om oor na te dink

Waar het jy nou God nodig?

Waar is jou krisis?

Hoe kan God jou ten spyte van jou krisis gebruik?

Gebed

Vader, ek bid weer en sê dis regtig nie vir my maklik om krisisse reg te hanteer nie. Die meeste van die kere kry ek myself so jammer dat ek nie krag het om op te staan en die bul by die horings te pak nie. Eintlik hoop ek dit verdamp net in die lug. Daarom het ek U hulp nodig. Help my om my krisisse by die horings te pak en dit vir U maklik te maak om ’n negatief in ’n positief om te draai. Amen

Print Friendly, PDF & Email

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek