Optredes
GEMEENTE-OPTREDES
KEUSE
- Gemeente maak ’n keuse uit die bestaande repertoire.
- ‘n Gesprek met leraars om hulle van die inhoud te vergewis, goedkeuring daarvoor te gee en of aanbevelings te maak.
- Optreedatum word bevestig
PRODUKSIE
- Kruispad is ten volle verantwoordelik vir die optrede wat klank en beligting insluit.
- Daar sal spesifiek gevra word indien die gemeente enige iets moet verskaf.
KONTAK
- Gemeente verskaf kontakbesonderhede van persoon met wie Kruispad kan skakel in verband met die logistiek en ander reëlings.
INTERAKTIEWE OPTREDES
- Gemeentelede sing tydens die erediens liedere wat relevant is tot die konteks van die teks.
WERKSWINKEL
- Vestig ‘n kunstebediening in die gemeente om tred te hou met die behoeftes van die lidmate.
D
FOKUS
Depressie is ‘n siekte soos kanker en asma. Dit sal teen 2030 die grootste siekte ter wêreld wees. Dit tref nie onderskeid tussen geslag, ras of geloof nie. Hoe bly ’n Christen staande wat met dié siekte worstel wanneer dit voel Jesus slaap en nie ons smeekgebede hoor nie? Ons dien en aanbid ‘n God van tweede kanse. ’n Depressievegter se werklike hoop lê in hiérdie tweede kans wat God vir ons almal wil gee.
GELEENTHEID
Erediens
TYDSDUUR
50 tot 60 minute
Reserwe
FOKUS
Die vyfde wiel aan die wa. Alleen. Eensaam. Dit bring hartseer en moedeloosheid. Ons moet vir mekaar omgee, maar wat is gelowiges se plig in dié verband? Is die lewe te gejaagd en besaai met ons eie probleme om na die alleenlopers ook nog om te sien?
GELEENTHEID
Erediens
TYDSDUUR
50 tot 60 minute
Dis ‘n vuil werk
FOKUS
“Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Een van Jesus se kruiswoorde. Die soldaat wat die spykers ingekap het, kan God se onvoorwaardelike vergifnis nie hanteer nie — dit knak hom. Ons kruisig Jesus elke dag met dit wat ons doen en sê. Gló ons dat God ons onvoorwaardelik vergewe? Aanvaar jy God se onvoorwaardelike vergifnis?
GELEENTHEID
Erediens • Paasfees
TYDSDUUR
50 tot 60 minute
7
FOKUS
7 kruiswoorde. 7 karakters. Elkeen se swaar word met een van die kruiswoorde verbind. Vir elkeen bly die oplossing dieselfde: ons moet weet en gló dat Jesus se kruisdood vir ons almal was. God alleen kan ons las ligter maak en staande hou wanneer ons eie bitter te bitter is.
GELEENTHEID
Erediens • Paasfees
TYDSDUUR
50 tot 60 minute
Picassi of die Seun
FOKUS
Jesus het vir ons almal aan die kruis gesterf. Dis elkeen se verantwoordelikheid om self ‘n keuse te maak tussen Jesus of wêreldsdinge. En die gevolge daarvan dra. Hoe maak ‘n mens dié keuse? Wag ‘n mens tot die noodlot jou tref, of maak jy betyds die keuse? Wat is die beloning vir jou keuse?
GELEENTHEID
Erediens • Paasfees • Nagmaal
TYDSDUUR
50 tot 60 minute
Geskenke
FOKUS
Life is difficult. Drie mense ken dit. Hulle hou moed: Jesus is vir ons gebore en Hy het vir ons aan die kruis gesterf. Sy kruisdood en sy liefde maak ons gestruggle draaglik(er).
GELEENTHEID
Erediens
TYDSDUUR
50 tot 60 minute
Hannes
FOKUS
Slaap jou Jesus wanneer jou storms te woes raak? Hy verhoor nie jou gebede nie, al is Hy ‘n God van liefde en genade. Ten spyte van God se genade oorweeg Hannes selfdood.
GELEENTHEID
Erediens
TYDSDUUR
50 tot 60 minute
Sluit Aan
