God se Woord in vandag se woorde

Ons Lesers se Stories


God praat vandag nog

Die Here voorsien: Genesis 22:14 – As 24-jarige student is ek na ‘n troue genooi. Ek het nie ‘n date gehad nie, maar my ma het gesê ek moet gaan, want ek gaan my vrou daar ontmoet. Ek het gelag – dit was die laaste lag, want daar ontmoet ek toe my vrou, Stephanie. Vandag […]

Read More

As die Heilige Gees praat

Ek was ’n Sekretaresse en het ’n kantoor gedeel met ’n vrou wat aan veelvoudige Sklerose gely het. Eendag het sy flou geword en hulle moes haar huistoe neem. Dit was my taak om ons kantoor se gordyne toe te trek en die deur te sluit, huistoe-gaan-tyd. Ek was altyd eerste by die werk en […]

Read More

Boeta se storie

Boeta se storie of eintlik sy hele lewe is ’n wonderwerk. Ons het Boeta 12 jr gelede op die treinspoor opgetel. Hy was 5 maande oud en baie ondervoed. Hy het 4.5 kg geweeg en het skaars asem gehaal. Hy was so swak dat hy net 20ml melk kon drink. My man het na die […]

Read More

Moenie net 1 skoen gee nie!

“Ons maak die plastiese swart sak vol verwagtinge oop! “n Helderkleurige sonhempie, ‘n swart rompie! ‘n Paar somersandaaltjies! Hoe geseënd is ons nie! Hoe goed is die Here vir ons! Oom Richard bring elke dan en wan vir ons ‘n swart plastiese sak met klere en skoene wat deur die gemeentelede van die kerk ingesamel […]

Read More

Vry van postnatale depressie

My depressie het 18 jaar gelede begin met die geboorte van my eerste kind. Ek het baby blues gehad, maar was salig onbewus wat dit is. Die paniekaanvalle, die onsekerheid oor die toekoms, die afbreking van my selfbeeld (deur myself), al die gedagtes (almal negatief natuurlik) het my van my kop af gehad, maar jy […]

Read More

God het ons innig lief

My storie begin in Namibië … Ons het in Grootfontein gebly en gewerk … Heerlik die mense en die plek is fantasties. So gebeur dit dat my man sy werk verloor en ons moet terug na Suid-Afrika. My man het SA toe gekom en begin werk soek en hier in Gauteng werk gekry. Die oggend […]

Read More

Hoërgraad vergifnis

Drie jaar gelede het mense my pad gekruis. Met genade van bo kon ek hulle lei om ’n keuse vir Jesus te maak. ’n Noue liefdesband het tussen ons ontwikkel. Hulle het soos my eie kinders geraak. Op onverklaarbare wyse het die vrou teen my gedraai. Ek het die laakbaarste SMS’e van haar gekry. Sy […]

Read More

God skryf niemand af nie

Ek is as ‘n Christen grootgemaak in ons ouerhuis. Ongelukkig het ek in my 20’s verkeerde vriende gemaak. Ek’t dinge saam met hulle gedoen wat nie in ‘n Christen se lewe hoort nie. Ek’t op 22 ‘n kêrel gekry wat my gemanipuleer, seergemaak en verkleineer het. Ek’t swanger geraak en aanvaar dat dit seker maar […]

Read More

Die Here se genade

Sommige mense loop opdraande paaie om uiteindelik op die kruin te kan staan en te getuig: Ek het dit nie uit my eie krag reggekry nie. Ek het ‘n Helper gehad. Pieter getuig van sy Helper: “Ek het in 2010 bevordering gekry en is verplaas na ‘n ander area. Die mense was anders as waaraan […]

Read More

Tweede kanse

Ek was in die tronk. In die tronk is jy baie afhanklik van ‘n ondersteunings-basis buite wat gereeld vir jou kan kom kuier en toilet-benodigdhede bring. Dis ook jou skakel met die buitewêreld. Ek het slegs my dogter gehad wat op universiteit was – my ma en broer het ver gebly. Kerke raak betrokke by […]

Read More

Sluit Aan


Gesels gerus hier!
Hulp nodig?
Hallo👋
Hoe kan ons help?