God se Woord in vandag se woorde

Getrou soos altyd


Ek het 5 maande gelede aan u ‘n gebedsversoek gestuur. Die antwoord het my geweldig baie gehelp en ek het selfs meer inligting ontvang om my toestand (Achalasia) beter te verstaan. Ek waardeer dit geweldig baie.

Ek het egter ‘n probleem opgetel tydens die operasie wat ‘n Professor in Xxx gedoen het. Hy het my maag op verskeie plekke geperforeer en ek is ‘n paar dae later met sepsis in die hospitaal opgeneem. Na twee noodoperasies was ek twee weke in Intensiewe sorg en nog twee weke in die Chirurgiese saal.

Ek was baie swak en het 10 kg in die tyd verloor. Die wonderwerk wat ek met u wil deel is dat ek die dag waarop ek siek geword het, volgens die dokter geen polsslag of bloeddruk gehad het nie. Menslik gesproke was ek reeds dood.

My man en die twee susters wat my gehelp het, het gebid. Die volgende oomblik maak ek my oë oop en glimlag. Ek is per ambulans ongevalle toe en is onmiddellik geopereer. Al die personeel in die hospitaal het saamgestem dat dit absoluut ‘n wonderwerk was. My organe het reeds gaan staan, maar PAPPA het ander planne met my gehad. Gebedskettings van oral is begin, vriende het my kom salf en van die personeel het ons GOD geloof met sang. Ek is by die huis, het nog baie pyn met tye maar ek LOOF ONS GOD EN VADER … GETROU SOOS ALTYD. 

Rikie

Psalm 4:4  

Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep.

 

 

Print Friendly, PDF & Email

Sluit aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek