God se Woord in vandag se woorde

God het ons innig lief


My storie begin in Namibië …

Ons het in Grootfontein gebly en gewerk … Heerlik die mense en die plek is fantasties. So gebeur dit dat my man sy werk verloor en ons moet terug na Suid-Afrika. My man het SA toe gekom en begin werk soek en hier in Gauteng werk gekry.

Die oggend voor ons trek gelaai moes word, was ons in so ’n groot krisis. Daar was nie geld vir die trek nie, nie geld vir petrol nie niks. Ek het in die Kantoor gesit en ek het net my kop agtertoe gegooi en gebid: “Here, ek kan nie meer nie. Help asb!” Nie lank daarna nie het ons ’n boodskap gekry: Die hoofkantoor het ’n fout gemaak: My man is nog ’n maand in diens. Ons trek word dus betaal en ons kan ons petrolgeld ook eis.

Dankie Here vir U liefde, want dit was net U liefde vir ons wat dit laat gebeur het. Die Here het ons almal lief en jy hoef nie lang gebede te bid nie. Hy lees jou hart in elk geval.

Tia

Skrifgedeelte: Psalm 136:1

1Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Print Friendly, PDF & Email

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek