God se Woord in vandag se woorde

Hou jou oë op Jesus


In Julie 2017 het ek begin onrustig voel oor my bors. Ek speel op die ouderdom van 60 nog aksie netbal en skryf toe die seer toe aan ‘n hou op my bors. Ek sê toe vir myself dat die steekpyne wat ek kry maar net a.g.v ‘n besering is, maar ek het al hoe meer angstig geraak.

Ek gaan toe Dokter toe. Na vele ondersoeke en die een scan na die ander asook ‘n mammogram word dit bevestig: Borskanker in fase 2.

Onmiddelik begin ons met chemo om die tumor te krimp. In Februarie 2018 kry ek ‘n borsoperasie. Die volgende 20 dae ontvang ek elke dag bestraling.

God was so goed en getrou en Sy genade is onbeskryflik groot. Ek het in Junie 2018 klaargemaak met bestraling. Ek was nie een dag afwesig van my werk vandat ek met die behandeling begin het nie, behalwe met die operasie.

Ek het elke dag die Here se aangesig gesoek. Dit het my gehelp om nader aan Hom te kom.

As iemand bel en sê ek hoor jy is siek, is my antwoord: “Ek het Jesus aan my kant en elke keer wanneer iemand met my praat, sê ek net dankie aan Jesus wat my deurdra elke dag.

Ek kan dit aan niks anders toeskryf as net die Genade en liefde van my Koning en Pa wat so getrou is. Dankie aan almal wat vir my bid. Die pad vorentoe is vol newe-effekte – nie dat daar niks was nie. My voete is dood en my vingerpunte voel slap. Ek voel somtyds naar en kry nou en dan hoofpyn, maar Jesus dra my ook hierdeur.

Die volgende 5-10 jaar sal bepaal of ek heeltemal skoon sal wees, maar ek het geen bekommernisse nie. Ek moet net my oë op Hom gevestig hou.

Marie

Psalm 56:4

Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U.

 

Print Friendly, PDF & Email

Sluit aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek