God se Woord in vandag se woorde

’n Vrou se lot verander


Ek het as ‘n ma en vrou alles op my eie probeer, maar niks het gehelp nie. Dit het op ‘n stadium gevoel asof die lewe uit my geruk was. Ek was stukkend geslaan deur die aanslae van die wêreld.  ‘n Vrou vol vrees vir wat die duiwel kan bemagtig deur ‘n dronk man, teleurstelling op teleurstelling. Niks wat ek probeer doen was ooit goed genoeg nie. Tot die dag toe ek my hart op ‘n Sondagmiddag vir Koning Jesus gee, toe die HERE die lot van Nicolene verander het, was dit soos ‘n droom. In daardie selfde maand gee my dronk man ook sy hart vir die Here. Die Here is in staat om al ons seer gesond te maak. Hy staan te alle tyd gereed om te help, al wat ons moet doen is om te nader tot God en Hy sal tot ons nader.  Weet u die mooiste gebeurtenis ooit, ek en my huisgesin dien die Here met passie. In elke storm eer ons die Here, want ons weet ons is nie alleen nie. Ons weet wie ons God is en wie ons in Hom is.

Nicolene

Psalm 126:1

“Toe die Here die lot van Sion verander het, was dit vir ons soos ‘n droom.”

Print Friendly, PDF & Email

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek