God se Woord in vandag se woorde

Niks is vir God onmoontlik nie


Volgens die Dokters sou my kind nooit spontaan kon swanger raak nie. Maar amper nege maande gelede is my kleinseun op 27 weke gebore met ‘n gewig van 870 gram. En dit met ‘n normale swangerskap. Na sy geboorte verloor hy toe 30 gram. Die feit dat hy ‘n seuntjie is, was sy kanse op oorlewing skraal.

Maar danksy mense en vriende wat ons oor die hele wêreld het was daar baie gebede, maar ek het by die Liewe Vader gepleit vir die ou klein seuntjie. Hy was ‘n ou dapper vegtertjie. Met die liefde wat hy by die kliniek in die Kaap gekry het en ek glo met God se genade het ons die voorreg gehad om hom gister te doop. ‘n Pragtige, gesonde, vriendelike en wakker ou mannetjie. Normaal en niks fout nie.

Met dankbaarheid het ons geluister en geweet dat Ons Hemelse Vader daar is. Die mannetjie se naam is Luke. Dit is die getuie uit Lukas dat niks vir God onmoontlik is nie.

Ryna

Lukas 1:37
“Niks is vir God onmoontlik nie.”

Print Friendly, PDF & Email

Sluit aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek