Steek gereeld hand op
Wanneer die jaar draai, die ou ene op sy rug lê en die nuwe een op die horison aan die opkom is, is dit tyd dat ’n mens gedwing word om so bietjie na binne te kyk. Ons moet kyk waar ons is en hoe ons daar uitgekom het. Ons moet kyk wat is verkeerd […]
Lees meer
Maak planne om skoon te kom
Ek hou van krap aan stukkende goeters. Soms is ek nie so suksesvol nie. En ja, soms kry ek die stukkende masjien aan die loop, met nog ’n paar ekstra parte op die koop toe. Dit is baie bevredigend. Gewoonlik is my hande en die res van my parte pikswart van die ou olie en […]
Lees meer
Sit jou hand in die Groot Man se hand
As jy die liedjie, “Put your hand in the Hand”, ken, gee jy jou ouderdom weg. Die liedjie is deur Gene MacLellan in 1971 geskryf. Dit is eerste deur die bekende sangeres Anne Murray gesing, maar eintlik deur die Kanadese gospelgroep, Ocean, bekendgemaak. Dit het die tweede plek op die Billboard Hot 100 bereik. Baie […]
Lees meer
Diepe, volmaakte vreugde verkrygbaar
Hoe sê Emo altyd? “Waar’s dit lekker? Hier’s dit lekker!” Ons mense loop so onder druk. Dis asof lekkerte en die lewe se genietinge net die heeltyd opsoek is. Die verwagtinge van die wêreld en ook dié wat ons op onsself gesit het, druk ons so hard. Dit is sulke tye wanneer ons vra waar […]
Lees meer
Skoongewas
Ek kry êrens die mooi storietjie: ’n Seun wil graag soos sy oupa wees en besluit om alles soos sy oupa te doen. Hy staan vroeg op, drink saam met Oupa koffie en eet beskuit. Toe Oupa die Bybel nader trek, maak hy ook so. Later die oggend vra die seun vir sy oupa: “Oupa, […]
Lees meer
God se woord is kragtig verby
(Baie sit met ‘n hoop onsekerhede oor die COVID 19 inenting. Ek kan nie vir jou ‘n antwoord gee nie, want dit is elkeen se persoonlike keuse. Hier is wel ‘n goeie artikel (klik hier) wat jy kan lees om net eers ‘n paar paddas uit die pyp te haal om jou te help om ‘n verantwoordelike […]
Lees meer
God se Woord lewe
Op die plaas was dit altyd vir my verstommend dat jy ’n wilde loot van ’n wingerd se onderstok in sulke kort kaal stokkies kan knip, dit in hormoonpoeier kan druk en net so in die grond kan druk. En dan groei dit. Wat my ook gefassineer het, was dat ons in die winter al […]
Lees meer
’n Lig en ’n lamp vir my voete
Om vandag die regte besluite by elke kruising te maak is nie maklik nie. Elke persoon het ’n ander idee oor wat jy moet maak en self voel dit vir jou enige van die vier rigtings is reg. Watter een neem jy? Watter een is reg? Ek wil nie ’n dag of drie se stap […]
Lees meer
Geloof in Jesus is oorgenoeg
’n Bouer vriend bel my en vertel ’n storie van ’n kontrakteur wat oor die jare vir hom werk by sy bouprojekte doen. Soos ek my vriend ken, deel hy graag die Evangelie met almal, sonder om dit aan hulle op te druk. Na jare se getuienis van my vriend, sê die kontrakteur eendag dat […]
Lees meer
Nie ’n duim van koers af nie
Mense is skelm. Mense draai ander ’n rat voor die oë. Dis asof dit net erger raak by die dag. Selfs in die Bybelse tyd het dit al erg gegaan: 13Die klomp skelms gaan net woester en slegter word. Dit is ’n bose kringloop. Hulle lei ander op die verkeerde pad omdat die duiwel húlle […]
Lees meer