God se Woord in vandag se woorde

Argief


Moenie dof wees nie

Ek lê in my bed en ek hoor hoe iemand deur die venster klim. Dis nie lank nie of ek sien hom by die deur inkom. In die maanlig wat deur die venster skyn, blink sy AK-geweer. My hart klop in my keel. Ek sien hoe hy die een kas na die ander saggies oopmaak. […]

Lees meer

Garage maak nie kar

Ek het altyd gesê dat as ek in ’n gemeente sou staan, ek almal se attestate, dis nou ’n groot woord vir jou lidmaatskapskaartjie, sou terugstuur. Dan sal ons mooi om ’n tafel gaan sit en uit die Bybel hoor wat dit beteken om ’n toegewyde kind van God te wees. Die gemeentelede kan dan […]

Lees meer

Blommetjies, skoenlappers en vrugte

Kom ons makeer die pas nog so bietjie by sonde. Dalk ’n onderwerp wat nie genoeg airtime kry nie, veral omdat ons almal so ‘n bietjie onder die soeklig geplaas word en die prentjie nie altyd so mooi is nie. Versoekings wat daagliks in ons pad kom staan, het geen krag nie. Dit kan ons […]

Lees meer

Gedagtes gou by die deur uit

Sonde daag nie met ’n groot geraas by die voordeur op en druk die klokkie totdat jy oopmaak nie. Sonde weet dat as dit op so ’n manier aankom, die huiseienaar dadelik die deur sal toegooi en keer dat die strooi daar instap. Sonde kom saggies en subtiel, sonder aankondiging. Eintlik ongemerk word daar ’n […]

Lees meer

Die stasiemeester se trein

My groot vriend, ons noem hom die Stasiemeester, en sy vrou raak sestig en hulle nooi ’n groep vriende om te gaan verjaarsdag hou by die Muisbosskerm, daar aan die Weskus. Kyk, as jy nou jou vingers wil afeet en jou maag doer wil laat staan, moet jy hier kom draai en maak soos die […]

Lees meer

Om gekou te word

Elke nou en dan kry ek pak oor iets wat ek gesê het. Sommige kere is dit omdat ek iets verkeerd gesê het. Soos met die instelling van die Popia-wet, toe ek vinnig probeer sê het wat dit is. So byvoorbeeld mag iemand jou nie sommer uit die bloute bel om nóg ’n selfoonkontrak of […]

Lees meer

Dade spreek meer woorde

Uit die brief wat Paulus vir Filemon skryf, leer ’n mens baie van Filemon en hoe hy geleef het. Paulus gee ‘n wonderlike getuigskrif van Filemon se lewe. ’n Mens sal dink hulle is jare lange vriende wat elke naweek saam gebraai het. Maar eintlik het Paulus nie vir Filemon geken nie. Wat Paulus van […]

Lees meer

Oop harte so groot soos ’n garagedeur

Ons tree vir ’n week in die Noorde by skole en kerke op. Een van my vriende in Gauteng het my goed laat verstaan dat as hy my daar in ’n huurkar vang, hy my gaan foeter. Ek moet net bel, dan sorg hy dat daar ’n kar op my wag. Op die lughawe voel […]

Lees meer

Honde wat voor en agter loop

Ek is ’n prentjie-mens en sien teksverse soos filmpies voor my afspeel. Hoe lyk jou prentjie van die volgende vers? 24Party mense sondig so openlik dat hulle sondes hulle vooruitloop na die oordeel toe. By ander kom die sondes eers later aan die lig. (1983-vertaling) Die prentjie wat ek sien is in die eerste geval […]

Lees meer

Stap voor

Ons markeer die pas by ons roeping. Twee stukke terug was die eenvoudige opdrag: Gaan! Go! En die vorige een waarsku ons om nie gemaksugtig een van die verskonings in ons arsenaal uit te haal om weg te kruip vir ons roeping nie. Nou kom Paulus en maak ’n goeie voorstel: 12Moenie dat mense op […]

Lees meer

Sluit Aan