’n Ware impak
Die storie word vertel van ’n student wat in 1894 aan die universiteit van Stanford gestudeer het en geen geld vir sy studies gehad het nie. Hy het in ’n weeshuis grootgeword. Hy en ’n vriend besluit toe om ’n konsert te hou om geld in te samel en hiervoor nooi hulle die bekende pianis, […]
Lees meer
Gee uit die mossienes
Ons sit in die bakkie naby ’n toring om Sondag se preek in die wolke te kry. Die sein is maar sleg. Ons ry heeldag van die een toring na die ander en dan is ’n mens geneig om taai te raak. Taai vir jouself. Taai vir die internet. Taai vir enige iets wat nou […]
Lees meer
Vergeetagtige luisteraar
Is jy ’n vergeetagtige hoorder of ’n doener? Hoeveel keer sit ’n mens in die kerk en jy hoor die Woord van God, jy weet die prediker het nou net vir jou gepreek, maar jy doen nie iets daaraan nie? ’n Tyd terug luister ek na ’n skitterende preek. Dit gaan oor daardie een ding […]
Lees meer
Moenie dof wees nie
Ek lê in my bed en ek hoor hoe iemand deur die venster klim. Dis nie lank nie of ek sien hom by die deur inkom. In die maanlig wat deur die venster skyn, blink sy AK-geweer. My hart klop in my keel. Ek sien hoe hy die een kas na die ander saggies oopmaak. […]
Lees meer
Oor vleis, droëwors en geloof
Net die vorige dag kry ek ’n dokument van ’n leser en sy vra vir my wat my opinie is. Die dokument begin so: Elke keer as ons een van die onderstaande voedselbronne eet (en elke keer as ons vleis en bloed van ‘n ander lewende wese eet) neem ons deel aan ‘n sataniese ritueel. […]
Lees meer
“You’ve just made my month!”
16Onthou ook om goed te wees vir ander mense. Gee ook vir hulle van dit wat jy het. God hou daarvan as ons so maak. Ek kan nie verby die vers kom nie en wil die spyker nog ’n keer indryf. Bertha vertel dat sy ’n tydjie gelede werkloosheidsversekering wou eis, maar haar rekening was […]
Lees meer
Ons manier van doen
Hier is die tweede deel van Tert se storie. Herman met die pen in die hand: Die boemelaar het in die vorige stuk vertel hoe iemand vir hom gebid het en hy van drank genees is. “Nou hoe op die aarde kom jy toe by my uit?,” wil Tert van die ou weet. “Nee, jy […]
Lees meer
“Moenie laf wees nie! Jesus is nie hier nie”
Tert vertel van die dag toe hy met ’n eks-boemelaar ontbyt geëet het, Herman pen dit neer: “Jy sien”, begin die eks-boemelaar, “ek was vir 18 jaar ‘n alkoholis. Agt jaar daarvan lewe ek al op straat. Ek het my werk verloor, my verloofde het my uitgeskop; ek het basies álles verloor. Toe, nou anderdag, […]
Lees meer
Dink, voel, doen
Daar is soveel onreg in die wêreld. Daar is soveel mense wat swaarkry. My oor vang die drie-maandelikse verslag van die polisiekommissaris. In Suid-Afrika is 5 760 mense doodgemaak, 10 006 mense verkrag … Dit ruk my tot in my siel. Hoeveel mense se lewe is nie hierdeur erg deurmekaar gekrap nie, sommige heeltemal verwoes? […]
Lees meer
Luister!
God het in die Ou Testament daar op die berg Sinai met Moses gepraat. Dit was nie so ’n lekker ervaring vir mens en dier gewees nie. Hulle het eintlik bang geword. God het verder met Sy volk deur priesters en profete gepraat. Toe kom Jesus na die aarde en watter kragtige boodskap van verlossing […]
Lees meer