God se Woord in vandag se woorde

Argief


Garage maak nie kar

Ek het altyd gesê dat as ek in ’n gemeente sou staan, ek almal se attestate, dis nou ’n groot woord vir jou lidmaatskapskaartjie, sou terugstuur. Dan sal ons mooi om ’n tafel gaan sit en uit die Bybel hoor wat dit beteken om ’n toegewyde kind van God te wees. Die gemeentelede kan dan […]

Lees meer

Jou passie vir ander

Die slim mense kon nou nog nie uitgewerk het wie presies die skrywer van Hebreërs was nie. Vir jare het die mense gedink dit is Paulus, maar die skryfstyl kan nie heeltemal aan hom toegedig word nie. Wat ons wel weet, is dat hy ’n passie gehad het om die Evangelie daar buite by sy […]

Lees meer

Oorloop emmers van dankbaarheid

Die statistieke wys dat besighede wat van die een geslag na ’n volgende geslag oorgedra word, baie keer in die derde geslag vou. Gewoonlik het die pa met niks begin nie, maar met harde werk ’n groot besigheid staangemaak. Die seun het by sy pa geleer en weet waar dinge vandaan kom. Die kleinseun het […]

Lees meer

Erg vol kattekwaad, maar nie Godloos

Ons was vyf makkers op skool wat nog steeds tjommies is. Ons was nogal stout op skool. Nou nie lelik stout nie, maar akademie het nie een van ons aangestaan nie en ons het elke moontlike rede uitgedink om skool vir die dag mis te loop. As die verskoning van ’n seer maag nie gewerk […]

Lees meer

Die deur oopmaak vir ’n waterskeidingsgebeurtenis

Een keer is ’n prediker erg geroskam, want hy het op die kansel geklim en ’n paar bladsye uit die Bybel geskeur. Die kerkgangers was erg ontsteld en dis te verstane. Die predikant het gesê dat ons die Bybel lees soos ons wil en dan lees ons net die lekker en mooi gedeeltes. Ons lees […]

Lees meer

Paraat: gereed, oorgehaal, slaggereed

Die woord wat ek die meeste van die weermag onthou, is paraat. Dis so in ons ingedril, dat ek vandag nog die stafsersant oor die paradegrond hoor bulder: “Troepe! Ek sal die civvie-houding stukkie vir stukkie uit julle wurg, sodat daar plek kan kom vir paraatheid, want dit is wat jy nodig het vir oorlewing […]

Lees meer

Getroue werkers in die huis

Moses was ’n goeie dienskneg. Hy het gedoen soos God vir hom gesê het om te doen. Ja, hier en daar het sy kop ’n bietjie uitgehaak, maar met sy hele wese het Hy God gedien. Hy het sy lewe as skaapwagter vaarwel toegeroep die dag toe Hy vir God in die bos ontmoet het. […]

Lees meer

God wil jou gebruik

Kom ons stap net gou vir ‘n oomblik terug na die tyd waarin die skrywer hier op aarde was. Jesus was kort gelede op die aarde. Hy het die appelkar kom omgooi. Baie mense het tot bekering gekom. Sommige het gesukkel. Veral die Jode. Ek weet nie lekker hoe hulle verwag het die Messias moes […]

Lees meer

Wat vertel jy aan die familie?

Marlene vertel van ’n dokter op Klerksdorp wat tydens sy studentedae finansieel gesukkel het. Sy broer was reeds ’n gekwalifiseerde dokter. Sy broer het by geleentheid vir hom geld in sy Bybel gelos, sonder om hom daarvan te vertel. Daarom het hy seker gemaak dat hy elke aand sy Bybel lees. Dis vir my so […]

Lees meer

Aanbod van ’n leeftyd

As ek van ’n goeie aanbod hoor, gaan ek na al my WhatsApp-groepies en laat vir almal weet. So ’n tydjie terug hoor ek van goeie, ordentlike, Namibiese harde braaihout. Ek moet bieg, ek dink nie daar is beter hout vir braaikole as dit nie. Ek versprei die woord en vinnig-vinnig is die eerste vrag […]

Lees meer

Sluit Aan