God se Woord in vandag se woorde

Argief


Saam met die span

God se drie-eenheid is nie altyd vir ons maklik om te verstaan nie. Hoe kan een persoon, drie persone wees? Hoe kan drie persone dan nou eintlik net een wees? ’n Eenvoudige verduideliking (wat effe te kort skiet) is om water te gebruik. Water kom in drie vorme voor: ’n vaste stof (ys), ’n vloeistof […]

Lees meer

Stil word vir die Heilige Gees om te praat

Ek kyk ’n ouerige fliek waar ’n dogter op ’n afgeleë grondpad duimgooi. Eers kom daar ’n man wat voortdurend besig is op sy foon verby. Hy ry haar amper om. Daarna kom ’n bakleierige man en vrou verby. Die man hoor ’n sagte stem “laai haar op,” maar sy vrou weier dat hulle haar […]

Lees meer

Die Heilige Gees se petrol raak nooit op nie

Die dag toe ek besef dat ons grote God ’n stukkie van Sy Heilige Gees in ons geplaas het, was ek in ekstase. Ek kon eintlik nie glo dat God so iets sou doen nie. Hoe hoog moet Hy ons darem nie ag om ons met ’n stukkie van Sy Gees toe te vertrou nie? […]

Lees meer

Extreme makeover

Vir seker het daar ’n wonderwerk gebeur! Die grootste wonder nog ooit in die geskiedenis van die wêreld. Dit is die dag toe Jesus aan die kruis gesterf het en dit vir sondaars soos ek en jy moontlik gemaak het om die ewige hel vry te spring en eerder sag in die hemel te gaan […]

Lees meer

Omgedop en nog ’n keer gebore

’n Vark is nie gepla deur die modder water waarin hy leef nie. Hy’s nog minder gepla om sy kos tussen die modder uit te snuffel. Dis eintlik vir hom lekker daar. Hy verkies dit om so te leef. Mense wat nog nie vir Jesus as hulle persoonlike verlosser aangeneem het nie, verkies om in […]

Lees meer

’n Ring en ’n omie met ’n metaalverklikker

(Pardon, dat ons vandag so laat by jou uitkom. Die stuurprogram het gisteraand ‘n wind gesluk!) Om een of ander rede laat ’n vrou ’n man verstaan dat ’n trouring ’n belegging is. Ek verskil hiermee, maar sê dit nie te hard nie, want dan weet ek ek bly uit die moeilikheid. Toe ek en […]

Lees meer

Die Heilige Gees in aksie

Willie vertel ’n storie oor hoe die Heilige Gees met hom gewoel het: Ek ry die oggend van Cullinan af Pretoria toe en sien ‘n baie netjies geklede ou man met ’n gehawende wieletjies tas in dieselfde rigting stap as waarin ek ry. Ek is absoluut gekant daarteen om rylopers op te tel, en moenie […]

Lees meer

Die Heilige Gees en jy in beheer

Die Gees gee ’n mens krag. Die Gees laat ’n mens oorloop van liefde vir ander. En Hy help ons om nie verkeerde dinge te doen nie. Die derde vrug van die Gees word in die 1983-vertaling met een woord opgesom: Selfbeheersing. Dis met hierdie laaste een waarmee baie van ons gereeld in die hek […]

Lees meer

Die Heilige Gees en die bril van liefde

Een van die gevolge van die Heilige Gees wat in ons woon, is dat ons liefde ontvang vir ander mense. Ander mense met hulle behoeftes begin vir ons meer belangrik raak as ons eie goetertjies. Toe God se Gees nog nie in ons was nie, het ons glad nie die nood van ander raakgesien nie. […]

Lees meer

Die Heilige Gees en twee bruin skoentjies

Sukkel jy om staande te bly? Het jy eenvoudig net nie genoeg antwoorde op al jou vrae nie? Voel die lewe te veel en jou krag te min? Dan is dit tyd om versterkings in te kry. 7Die Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk. Hy maak […]

Lees meer

Sluit Aan