God se Woord in vandag se woorde

Argief


Dis ’n proses

Ek het altyd gedink dat my geloof in God my eie toedoen is. Ek moet kliphard Sy Woord bestudeer en soveel as moontlik van die waarheid indrink om my geloof in God sterker te maak. Maar ek weet nou dat dit nie net van my afhang nie. Dankie tog, want op my eie sal ek […]

Lees meer

Sommige geestelikes se warra-warra

Ek en ’n vriend ry saam en praat ’n bietjie oor ons belewing van hoe ander mense  hulle geloof uitleef. Ek vertel hom dat ek soms minderwaardig voel teenoor ander se manier van dinge doen. Die manier waarop ander hulle geloof uitleef, laat voel my soms skuldig en dan sit ek vraagtekens agter my eie […]

Lees meer

Te gewoond aan God se dinge

’n Mens se lewe kan so maklik in ’n roetine verval. Dinge raak so maklik gewoon. Ons raak gewoond aan die son wat elke oggend opkom, want dit gebeur nou al die afgelope miljoene jare. Ons raak gewoond aan elke dag opstaan en elke dag dieselfde goed doen sonder om te besef watter voorreg dit […]

Lees meer

Saam in die span

5Die goeie nuus oor Christus wat ons daar by julle gepreek het, was nie maar net ’n klompie mooi woorde nie. Nee, die Heilige Gees het ons prediking kragtig in julle lewens gebruik. Ek en my span word genooi om vir ’n week lank elke oggend ’n boodskap te bring by ’n Laerskool in die […]

Lees meer

Op die regte stasie

Dit bly maar moeilik om te alle tye met wysheid op te tree. Net die vorige aand vergeet my dogter om die skets te laai vir die Kruispadstuk wat uitgestuur moet word. ’n Hele paar duisend e-posse is al uit, sonder die skets. Ek het dit nie goed gevat nie. My bloed het gekook en […]

Lees meer

Liefde is als

Dis nie net Paulus wat ’n goeie CV van Epafras gee nie, maar hy bring ook goeie nuus van die mense van Kolosse: 8Dit is juis by hom dat ons gehoor het hoe lief julle mekaar het. God se Gees werk mos in julle. Dis eenvoudig en tog sê dit so baie. Hulle leef werklik […]

Lees meer

’n Paradigmaskuif

Filippense 3:1-3 Ek gebruik graag die term paradigmaskuif. Veral as ek ernstig is oor veranderinge wat aangebring moet word, hetsy deur nuwe idees of nuwe gedagtes of selfs gedrag wat moet verander. Maar wat beteken paradigma? Stephen Covey verduidelik dit baie mooi in sy boek The 7 habits of highly effective people en sê dat […]

Lees meer

Soos die remme van ’n bus

Efesiërs  5:6-18 Ek het as student vir Interkaap bus gery. Dis was vir my baie lekker en die R50 wat ek per dag verdien het, was vir daardie tyd ’n groot salaris. Een ding waarop die eienaar, Oom Johan Ferreira, baie ernstig was, was veiligheid. Die busse was groot en vinnig en ’n klein foutjie […]

Lees meer

Om die Heilige Gees se trane te keer

Hier in die middel van die perikoop stop Paulus eers die bus. Dit is amper soos ’n broodjie met twee snye en ietsie in die middel. Die eerste sny is die verse waar gesê word dat ons nie moet lieg nie, nie kwaad word nie, nie die duiwel vatkans gee nie, nie steel nie en […]

Lees meer

My butler, die Heilige Gees

’n Professie waarvan min mense weet is dié van ’n butler. Ek het toe self ’n bietjie meer gaan uitvind op SABA se webtuiste, dis nou die South African Butler Academy. Daar word mense opgelei om regte butlers te wees. Die manne lyk omtrent grand waar hulle soos pikkewyntjies kiertsregop in swart pakke, wit hemde, […]

Lees meer

Sluit aan