Geduldig in verdrukking
Die foto van ’n netjiese man in ’n netjiese sitkamer trek my aandag en ek begin die post van Mpho Lekalakala op LinkedIn lees: In 2010 was ek ’n straatsmous in Marabastad, Pretoria. Ek het skoonmaakmiddels en Cool Time-yslollies verkwansel. Ek het by die Mabopane taxi rank, op bewegende treine, ja, oral het ek gesmous. […]
Lees meer
Leeu, vuur of oorlog
Ons soek ’n rots om teen ’n preek te skiet. Ek het gedink ons sal regkom daar bo by Gordonsbaai by die Steenbrasdam, maar hulle wil ons nie inlaat nie. Ons ry al om die kus tot by Rooiels, maar daar is geen rotse naby die pad nie. Ek sien ’n lekker plek, maar daar […]
Lees meer
Hoop, sekerheid en ligte aanskakel
Saam met die skrywer van Hebreërs, besoek ons die groot name in die Ou Testament, sodat ons by hulle van geloof kan leer. Volgende in die ry, is Josef. Josef is deur sy broers aan ’n slawehandelaar verkoop en dit was juis hierdie weggegooide broer wat hulle gered het, toe hongersnood hulle land getref het. […]
Lees meer
Branders wat klots
Wanneer ek aan ’n preek begin voorberei, skryf ek deesdae heel eerste die volgende neer: “Nie my woorde nie, maar U woorde!”. Want so maklik kom ons eie woorde in die pad en dan maak ons groot foute. Ek preek by ’n aftreeoord in Somerset-Wes. Ek skrik die vorige week in die middel van die […]
Lees meer
Krakie in die geloof
Ons een tjommie wat van ons laerskooldae af met ons saamkom, laat weet op ons WhatsApp-groepie dat die kliere onder sy kakebeen geswel is en hy dokter toe moet gaan. Hulle doen toetse. Dit lyk nie so goed nie. Die uitslae kom eers later en die wag maak hom op. Om so te wag vir […]
Lees meer
Gaan revisit die aftrekplekkies
’n Goeie vriendin maak haar hart oop en vra dat ons tog vir haar moet bid: Vandag is my gemoed nie lekker. Ek is bekommerd. Ek is erg bekommerd oor ’n 50% salaris sny die einde van die maand. Ek is bekommerd oor my toekoms. Ek is bekommerd of ek aan die einde van die […]
Lees meer
God staan agter die gordyn
Ek het al die storie vertel van ons vier vriende wat vir ons ander vriend in Australië gaan kuier het. Dit was ’n verskriklike lekker tyd saam en ons het baie sports gehad. Ons was ook vir ’n week op ’n seiljag naby die Great Barrier Reef. Ons het elkeen ’n taak op die seiljag […]
Lees meer
Hoop trek ons deur
Ek was as skoolkind al ’n entrepreneur. Nie dat ek geweet het dit is wat ’n mens dit noem nie. As weduwee het my ma hard gewerk om die pot aan die kook te hou, maar vir my eie sakgeld moes ek self werk. En ek was nie bang nie. So kry ons eendag ’n […]
Lees meer
Van gemors na geredde
Daar word by ons huis ingebreek. Dit nogal helder oordag en reg van voor by die voordeur. Dis nogal sleg dat iemand sommer net so by jou huis instap en vat wat hulle wil. Doen wat hulle wil en krap waar hulle wil. Op die koop toe, word my seun se skootrekenaar vervang en ek […]
Lees meer
Van gemors na geredde
Debbie vertel dat sy in ’n huis grootgeword het waar nie een van haar ouers geglo het nie. Sy was nooit in ’n kerk nie en het nie geweet van Sondagskool nie. Sy het haar lewe op haar eie terme geleef, sonder God. Sy is in en uit verhoudings. Die een erger as die ander […]
Lees meer