God se Woord in vandag se woorde

Argief


Gewortel vir die storms

Dis winter in die Kaap en die wind waai woes. Die Kaap doen sy naam gestand: Die Kaap van storms. So deur die nag word ’n mens wakker gemaak deur die wind wat ruk-ruk sy ding doen, maar is te dankbaar vir die water wat val. Ons sal maar môre kyk wat die skade is. […]

Lees meer

Die laaste skuif

Die internasionale evangelis, Tony Anthony, vertel van die legende van die “Skaakmat” skildery van Friedrich August Moritz Retzsch. In die skildery sit daar twee spelers om die skaakbord. Die een is die duiwel, baie selfversekerd en die ander ’n gewone man wat baie bekommerd lyk. Die prys vir die wenner? Die siel van die man. […]

Lees meer

Die herstelplan!

As iemand ooit vir jou vra wat is die kern van die Christendom, kan jy maar net hierdie vers vir die persoon lees: 10Christus Jesus, wat vir ons ons saak met God regmaak, het aarde toe gekom en nou kan ons almal duidelik sien hoe goed God vir ons is. Christus Jesus het die dood […]

Lees meer

In die grys area

Dit is redelik maklik om te onderskei tussen reg en verkeerd. Ons weet dit is verkeerd om te steel. Ons weet dit is verkeerd om iemand se lewe te neem. Ons weet dat God sonde haat. Dis redelik maklik om te onderskei tussen dade wat in die lig is en watter nie. Die probleem kom […]

Lees meer

Jesus bou ’n brug

Die kern van ons geloof is so eenvoudig: 5Daar is mos net een God en daar is net een Mens wat ons kan help om by God uit te kom, en dit is Christus Jesus. 6Hy het die prys betaal wat nodig was sodat ons saak met God weer reg kon wees; ja, Hy het […]

Lees meer

Jesus gee nooit moed op nie

Santa vertel: Dit laat my weer terugdink aan die donker jaar van my lewe – my negentienjarige dogter was besig met haar studies. Sy en haar vriende het altyd lekker gekuier, maar op ’n stadium het my man ’n vermoede gehad dat hulle snaakse dinge aanvang. Een Maandagaand kry ons die tyding dat haar vriend […]

Lees meer

God se liefde nie lippetaal

PS. Indien jy nog nie die Navorsingslys ingevul het nie en jy kan aanlyn gaan, sal jy asb so gaaf wees om dit te doen? Hier is die skakel: https://kruispad.247.org.za/navorsing-2018/ Soms loop die lewe darem net nie lekker nie. Dis die een curveball na die ander en dit voel of die lewe stukkie vir stukkie […]

Lees meer

Gaan na die hemel-kaartjie

Monopoly was een van my gunsteling bordspeletjies as kind. Ons het ure aaneen gespeel om soveel as moontlik eiendom in die hande te kry. Om ’n hele paar hotelle in Eloffstraat te besit, was die mikpunt. Met harde werk, goeie beplanning en hier en daar ’n bietjie geluk raak jy uiteindelik die grondbaron. Sommige het […]

Lees meer

’n Matie in ’n ongeluk

Ek ry eendag huis toe en voor my staan daar ’n tjorrietjie in die middel van die pad. Die tjorrietjie het net gaan staan en ek kon sien die student is moedeloos en sit met sy hande in sy hare. Toe kom daar ’n baie groot vullisverwyderingsvragmotor aan – nogal teen ’n spoed. Ek sien […]

Lees meer

“Ek het nêrens om heen te gaan nie”

Ons markeer die pas by die middelpunt van die evangelie. Ons almal het ’n verantwoordelikheid om hierdie verlossingsboodskap uit te dra. Ons almal doen dit op verskillende maniere. Ek kon nie anders as om die komiese verhaal van Johan te deel nie: Ek en my vrou is seker nou al so 20 jaar besig met […]

Lees meer

Sluit aan