God se Woord in vandag se woorde

Argief


Figgi, Hermi of Onesifi?

Paulus is Timoteus se mentor. Timoteus is nog jonk en moet nog ’n paar dinge in die lewe leer en ervaar. Daarom vertel Paulus stories en ervarings uit sy eie lewe om nie net vir Timoteus rigting te gee nie, maar ook om hom swaar en seer te spaar. Een van die eerstes waarteen Paulus […]

Lees meer

Energie vir weduwees en ouers

3Kyk mooi na die weduwees wat werklik niemand het om vir hulle te sorg nie. Gee om vir die mense wat nie iemand het wat na hulle kan omsien nie en natuurlik is dit nie net weduwees nie, maar almal wat op een of ander manier in die nood is. Hierdie is ’n opdrag aan […]

Lees meer

Oefen vir dien en diens

Ons laat dikwels toe dat ons ge-side track word. Ons raak betrokke by stories en vraagstukke wat eintlik net mooi niks uit te waai het met ons saligheid nie. Ons maak ons moeg met vraagstukke wat eintlik nie antwoorde het nie. Die ergste van alles is dat ons aan die einde van die dag nie […]

Lees meer

Goed doen

Ek sit en skryf hier op ’n pragtige plaas in Gobabis. Dis net na 3 vm. en ek is so wakker soos ’n akker. Dis seker gisteraand se vleis wat my so effe rondjaag. Hier eet hulle mos net vleis. Vir groente braai hulle ’n hoendertjie en vir slaai vark, maar laasgenoemde twee is nie […]

Lees meer

Gee om vir jou leier

Ek was op die beheerliggaam van een van die skole in die dorp. Ek het nie geweet dit vat soveel energie om ’n skool vandag ordentlik aan die gang te hou nie. Die finansiële steun van die Onderwysdepartement raak al hoe minder en die uitgawes al hoe hoër. Weens die feit dat albei ouers in […]

Lees meer

Met ’n hart vol liefde

In die afgelope paar teksverse het ons gehoor dat ons deel is van ’n oorlog. Die eeu oue oorlog tussen goed en kwaad. Die duiwel probeer sy bes om ons weg te rokkel van God. Hy probeer ons die heeltyd versoek en verlei. Met gekamoefleerde versoekings kom daag hy by ons deur op en probeer […]

Lees meer

As ander mense makliker asemhaal

Francois (skuilnaam) stuur vir my die volgende: Op RSG het ’n sielkundige die volgende uitdrukking gebruik wat my nogal hard laat dink het: “Wees die tipe mens dat, wanneer iemand van jou af wegloop, hy gemakliker asemhaal.” Die wêreld daar buite druk ons dat ons oë traan. Mense se bene bewe van al die druk. […]

Lees meer

Liefde op pad na Karoo

Was jy al in ’n klein plekkie met iemand vasgekeer wat anders as jy is en dink? Iemand wat oënskynlik alles al deurdink het en vir elke vraag reeds al die antwoorde uitgewerk het? Maar dat dit heeltemal van jou verskil? Ek was saam met so ’n persoon “vasgekeer” in ’n motor saam met nog […]

Lees meer

’n Plan vir liefde uitdeel

Boats (skuilnaam) uit die Boland vertel: My dogter raak siek en met ’n baie erge virus en sy raak nie gesond nie. Dit het my regtig opgehad en finansies het later by die agterdeur uitgegaan, want die kar het gebreek en daarna weer en so het dit aangegaan. Dit was nie lekker tye nie en […]

Lees meer

Bid vir mekaar, want dit werk!

Ek onthou nog die dae toe ek betrokke was by die fabriek. Vroeg soggens, as die slaap my ontwyk, het ek sommer begin bid vir al die mense wat saam met my gewerk het. Sommige van hulle se name het ek nie eers onthou nie, maar dan verwys ek na daardie ses manne wat die […]

Lees meer

Sluit aan