Bergklim, toue en vertroue
Daar word ’n storie vertel van ’n man wat gereeld ’n berg uitgeklim het. Hy was ’n gesoute bergklimmer en dit was vir hom so lekker om al die verskillende roetes te ontdek. Eendag op ’n nuwe roete, stop hy om middagete te eet. Hy maak sy kospakkie oop en dank God vir die voorreg […]
Lees meer
Nuwe status vir joune
Ek kyk ’n TV-reeks op Netflix met die naam, The Queen’s Gambit. In die eerste program is daar ’n toneel waar die hoofkarakter, Beth, en haar ma in die kar ry. Haar ma sê sy moet haar oë toemaak en toe ry sy voor ’n lorrie in. Net daar verander Beth se status na weeskind, […]
Lees meer
Moenie die bus mis nie
Ek het as student vir Intercape bus gery. Nagte deurgery. Sommer in een vakansie 43 000 km gery. Net met ’n bus. Net in die nag. Maar dit was lekker en die R50 per dag wat ek verdien het, was baie vir ’n student. Een nag is ek effe agter op skedule. Toe ek daar […]
Lees meer
Bloed, dikker as water en genoeg
Dis nogal vir my moeilik om keer op keer oor dieselfde onderwerp te skryf. Ek dink ek moet by die skrywer van Hebreërs gaan leer hoe om dit te doen. Hy skryf oor en oor wat Jesus gedoen het. Ek vermoed hy doen dit om, soos die Engelsman sê, to drive the screw in. Ek […]
Lees meer
Uit die stroom, onder die boom, reg om te red
Ek lees nog iets in vers een raak. Dis die Engelse vertaling wat my help: Wherefore, holy brethren, partakers of the heavenly calling, consider the Apostle and High Priest of our profession, Christ Jesus; Hier spring drie waarhede uit: “Holy brethren” kan ons sommer direk vertaal na heilige broers, en natuurlik susters ook. Dis ’n […]
Lees meer
Vasklou in die swaar
‘n Vriend van my vra my so ‘n tyd terug om saam met hom te bid vir wysheid. Werk is skaars en hulle benodig ‘n groot kontrak om te oorleef. Hy vra vir wysheid sodat hulle die regte syfers kan inskryf in elke blokkie van die tender. Hulle werk hulle sommetjies mooi uit. Verskaffers en […]
Lees meer
WOW-oomblik
My suster se seun het hard gewerk aan sy twee grade op Universiteit. Soos baie gegradueerdes vandag, het hy eers vir ’n paar jaar in die ooste gaan klasgee om só sy koffers ’n lining te gee. Met sy terugkoms na Suid-Afrika kry hy ’n vooraanstaande werk. Hy kan heel tevrede voel met sy pad […]
Lees meer
God verlos jou – dis genoeg
Hier in die middel pop daar ’n snaakse vers op. Dis asof Paulus homself bedink. Hy weet hy het al só baie vir Timoteus geleer, maar is dalk bekommerd dat hy dalk te veel gepraat het en Timoteus so effe verdwaal geraak het tussen al die dinge wat hy tot nou toe vir hom geskryf […]
Lees meer
Jesus bou ’n brug
Die kern van ons geloof is so eenvoudig: 5Daar is mos net een God en daar is net een Mens wat ons kan help om by God uit te kom, en dit is Christus Jesus. 6Hy het die prys betaal wat nodig was sodat ons saak met God weer reg kon wees; ja, Hy het […]
Lees meer
Gaan na die hemel-kaartjie
Monopoly was een van my gunsteling bordspeletjies as kind. Ons het ure aaneen gespeel om soveel as moontlik eiendom in die hande te kry. Om ’n hele paar hotelle in Eloffstraat te besit, was die mikpunt. Met harde werk, goeie beplanning en hier en daar ’n bietjie geluk raak jy uiteindelik die grondbaron. Sommige het […]
Lees meer