’n Matie in ’n ongeluk
Ek ry eendag huis toe en voor my staan daar ’n tjorrietjie in die middel van die pad. Die tjorrietjie het net gaan staan en ek kon sien die student is moedeloos en sit met sy hande in sy hare. Toe kom daar ’n baie groot vullisverwyderingsvragmotor aan – nogal teen ’n spoed. Ek sien […]
Lees meer
Glimlag in die gespartel
Ek stap uit die kerk. Die bedienaar van die Woord praat van die woestyn waarin ons ons soms bevind. Een of ander tyd maak ons almal ’n draai in die woestyn en dit is nie lekker nie. Die prediker vertel dat God in die woestyn besig is om dinge af te kap wat nie lyk […]
Lees meer
Die reaksie op ons aksies
Filippense 3:4-11 Dit was op die skerms van die gym waar ek die eerste keer van Oscar Pistorius en Reeva se trauma gehoor het. My hart het so ’n kramp gegee en ek het hom bitter jammer gekry. Die hofsake daarna was nie maklik nie en elkeen het sy eie opinie gehad. In die vroeër […]
Lees meer
Hulp te midde van die lewe
Filippense 2:19-30 Paulus gee ons ’n kykie in die lewe van ’n man van God. Hy vertel van Timoteus wat kliphard saam met hom werk om die evangelie by die mense uit te kry. Hy wil baie graag vir Timoteus na Filippi toe stuur, maar wag eers dat die omstandighede ’n bietjie afkoel. Sy eie […]
Lees meer
Die gewone ou storie?
Filippense 2:6-11 Ek wonder of ons regtig besef wat Jesus vir ons gedoen het? ’n Mens hoor partymaal stories van mense wat alles in hulle lewens opgegee het om in ’n afgesonderde plek die Evangelie te gaan bring. Dit is mooi. Maar wat die almagtige God gedoen het, kan nie eintlik met so ’n goeie […]
Lees meer
Die strappie van die helmet
Efesiërs 6:10-20 ’n Vriendin van ons sit ’n kind op ’n poegie agterna. Sy wys die kind moet aftrek. Verbaas stop die dogter en wonder seker hoekom die tannie haar aftrek. Half kwaai sê ons vriendin vir die dogter dat sy dadelik die strappie van haar helmet onder haar ken moet vasmaak. Net die vorige […]
Lees meer
Boom uit die pad gesleep
Vanuit die Ou Testament lyk dit vir my of die mense eintlik bang was vir God. Dis asof die mense vir God gesien het as ’n kwaai onderwyser wat met ’n rottang in die hand staan en soek na plekkies waar die mens verkeerd trap, sodat Hy pak slae kan uitdeel. Die beeld wat ons […]
Lees meer
Klaar gespeel met jou sonde
2 Korintiërs 5:16-21 Ek probeer vir my dogter verduidelik hoe die Drie-eenheid werk. Na ’n lang gesukkel kom ek en sy agter dat ons woorde opraak om die grootheid van God te beskryf. Ons besef dat ons nie God se grootheid met ons woorde kan vasvat nie. God sal in ieder geval nie meer so […]
Lees meer
Is jy ’n tiekieboks man?
Paulus gee regtig baie om vir die mense van Galasië. Soos ’n moeder ontferm hy hom oor hulle. Hy sal nie ophou nag totdat hulle van die verkeerde kant af terugkom nie. Hy kan dit nie hou as hulle nie presies binne die wil van God loop nie. Daarom sê hy eerlik vir hulle: 19Julle […]
Lees meer