God se Woord in vandag se woorde

Argief


Nie afkoop

’n Jongerige man, wat al goed deur die son pakgegee is, staan by die verkeerslig. Hy groet elke mens met ’n saluut en ’n groot glimlag. Ek kan nie lekker sien wat op sy bordjie geskryf is nie, want dit het ook al baie myle op. Tog maak ek die twee laaste woorde uit: “God […]

Lees meer

Jy’s ’n engel

’n Christen Joodse professor vertel dat hy as weeskind in ’n kibboets gebly het. Daar kom toe ’n sendeling uit Amerika en hy was gefassineer deur die manier waarop die sendeling die lewe geleef het. Hy was vriendelik, het waarlik omgegee en was net op ander ingestel. Hy het geleef wat hy geglo het. Die […]

Lees meer

Stryk die kreukel uit, of mis die bus

God het dit darem vir ons maklik gemaak om by Hom uit te kom. Hy het Sy enigste Seun gestuur om in ons plek te sterf vir die klomp sondes wat ons so maklik elke dag doen. Ons hoef nie self daarvoor te sterf nie. Dit is net genade op genade. Al wat ons moet […]

Lees meer

Cheer ander in die wedloop aan

Dis Vadersdag en ek is weer vroeg wakker. Ek gly sommerso deur my Facebook en sien ’n wonderlike post van ’n vriendin waar sy ’n ode aan haar pa bring. Ek haal ’n paar van die twintig punte aan: My Pa wat elke ete (drie maal op ’n dag) met ’n handevat en tafelgebed begin! […]

Lees meer

Kortste roete na vreugde en vrede

Partykeer wens ek ons kan gedeeltes van die Bybel uithaal of eenvoudig net nie lees nie. Dis die gedeeltes wat ’n mens voor die bors gryp en jou dood in jou spore laat stop. Soos die paar verse: 7Luister na wat die Heilige Gees sê: “Vandag, as julle God met julle hoor praat, 8moet julle […]

Lees meer

Stuur ’n boodskap

Ek onthou nog die dae toe ek in die weermag was. Soms was daar lekker tye, maar ander tye was die verlange erg. Dan was die beste medisyne ’n brief uit die States, dis nou hoe ons daar op die grens van Suid-Afrika gepraat het. Dit was al kommunikasiemiddel. Wel … die parfuum wat die […]

Lees meer

Volpunte vir integriteit

Die lysie van die vorige skryfstuk oor integriteit smokkel met my kop. Ek moet dit weer deurlees. Hulle is eerlik. Hulle is opreg. Hulle het waardering vir mense. Hulle het respek vir ander mense se tyd. Hulle misbruik mense nie. Hulle hanteer konflik beskaafd. Hulle is op ander mense se gevoelens ingestel. Hulle weet hoe […]

Lees meer

Ware waardige gedrag

Dis nogal vir my snaaks dat Die Boodskap-vertaling die vers nie klaar vertaal nie. Daar kom nog ’n eienskap wat ons Christene moet uitleef, by: 7In alles moet jy self vir hulle ‘n voorbeeld stel van goeie werk, suiwerheid in die leer, waardigheid in gedrag … (1983-vertaling) Die “waardigheid in gedrag” is nie maklik om […]

Lees meer

Beter prentjies vir die wêreld

Mense kyk na mekaar. Mense kry gou ‘n persepsie oor wie ander mense is, as hulle net kyk na wat hulle doen en wat hulle sê. Reg of verkeerd, mense kry ’n prentjie van ander mense, al maak hulle nie eens hulle monde oop nie. Vat nou maar die groot sportaanhangers. As ’n mens so […]

Lees meer

’n Lewe met ’n goeie storie

Partykeer kan mense onderduims optree en dink ander mense val soos soetkoek daarvoor. Ek ken ’n ou wat altyd lang stories vertel, wat vêr van die waarheid is. Nou glo ek nie meer een woord wat hy sê nie. Dis eintlik sleg, want soms praat hy die waarheid, maar omdat hy so baie keer spekgeskiet […]

Lees meer

Sluit Aan