Seën wat reën
Tweehonderd twee en veertig keer het ons nou by Hebreërs stil gestaan. By geen ander Bybelboek het dit al gebeur nie. En ek moet bieg dat ek aan die begin gesukkel het om in die boek in te klim, maar toe ek eers ingeklim het, kon ek nie wag om elke oggend my vers vir […]
Lees meer
Op die kierie van geloof
Die skrywer van Hebreërs neem so ’n voëlvlug oor die voorvaders om die lesers te wys hoe hulle geloof hulle laat aanhou en uithou het. Onthou, ons het gesê dat God se stap in die verlede ons help om ons geloofsbril te vorm om in die toekoms in te kyk. As God dan so met […]
Lees meer
Spreek die seën oor ander
Aan die einde van eredienste spreek die prediker gewoonlik ’n seën oor die gemeentelede uit. Die mees algemene een wat gebruik word, is die een wat in 2 Korintiërs 13:13 staan: Mag die genade van die Here Jesus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees met julle almal wees. Dis […]
Lees meer
God se belofte vir jou
Hulle praat oor die radio van testamente en wanneer die meester van die hof ’n testament aanvaar of afkeer. ’n Testament sal aanvaar word, al het die testateur net ’n kruisie gemaak. Solank dit net gepaardgaan met ’n brief van ’n Kommissaris van Ede wat teenwoordig was en bevestig dat die persoon wat die kruisie […]
Lees meer
God gee spesiale oomblikke
’n Vriend van my en sy gesin was in die wildtuin. Hulle vertel opgewonde van die lekker uitstappie. Voor hulle weg is, het elkeen vir die Here vir ’n spesiale ervaring met ’n spesifieke dier gevra. My vriend wou graag ’n ratel sien, sy vrou ’n leeu ordentlik hoor brul en hul dogter wou ’n […]
Lees meer
Vol bakkies uit te deel
Die tannie oorkant die straat gee altyd iets terug as sy iets van ons gekry het. As ons ’n bakkie kos of ’n warm broodjie of ietsie lekkers oorstuur, kom die bakkie nooit leeg terug nie. Of dit nou ’n sakkie koekies is of ’n paar vrugte, hulle kan nie ontvang sonder om terug te […]
Lees meer
Genade en guns
Elke keer as ek by die begin of einde van Paulus se briewe kom, loop ek my vas in die seën wat hy so graag oor sy lesers uitspreek: 3Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! (1983-vertaling) Ek en jy het soveel genade en vrede nodig, want dis […]
Lees meer
’n Pizza en God se genade
Daar is soveel krag in ’n groet. Vroeër jare moes ons almal deur die bank soengroet. Soms was dit darem erg grillerig. Nataniël vertel mos van die tannie met die moesie wat jy moes mis, of daai tannie met die pap soen wat jy gewonder het of sy vergeet het om vanoggend haar tande in […]
Lees meer
’n Seën vir jou
4… Die goedheid en vrede van God ons Vader en Christus Jesus, ons Verlosser, is ook by jou. Amen Dis genoeg vir nou … Teks Tit 1:1-4 Om oor na te dink Hoe aanvaar ’n mens ’n seën van God? Hoe sien ’n mens uit na goedheid en vrede? Het jy genoeg geloof? Gebed Vader, […]
Lees meer
God se seën vir jou
Ons nooi julle uit om Sondag, 5 April om 9h00 in te skakel by Kruispad.com se aanlyn-erediens by https://kruispad.online.church/ en ervaar so ‘n geloofsgemeenskap op ‘n nuwe manier. In Numeri 6 vertel God vir Moses hoe die priesters die volk moet seën: 22Die Here het vir Moses gesê: 23“Sê vir Aäron en sy seuns om […]
Lees meer