God se Woord in vandag se woorde

Argief


Jou geloof versterk ook ander

Die lewe is nie maanskyn en rose nie. Dit ervaar ons almal amper elke dag aan ons lywe. Waaraan hou die pa en ma vas terwyl hulle vier maande oue baba net nie meer daar in sy wiegie lê nie? Hulle huis het inmekaar geval. Ek het lank daar aan die kombuistafel by hulle gesit […]

Lees meer

Glimlag in die gespartel

Ek stap uit die kerk. Die bedienaar van die Woord praat van die woestyn waarin ons ons soms bevind. Een of ander tyd maak ons almal ’n draai in die woestyn en dit is nie lekker nie. Die prediker vertel dat God in die woestyn besig is om dinge af te kap wat nie lyk […]

Lees meer

Rotse, donderwolke en vreugde

Filippense 4:1-9 My dogter lees haar opstel vir my. My mond hang oop vir haar wysheid en ek besef dat ook sy al hard met die lewe te doen gekry het. Die lewe is nie maklik daar buite nie: Die langste reis wat ons as lewende wesens op die aarde in die gesig sal moet […]

Lees meer

Om moed te skep

Filippense 1:12-18 Paulus se gevangeneskap het soms vir homself te veel geraak. Soms was hy onseker en hy het gewonder of alles die moeite werd was. Soms was sy gemoed tussen die vloer en die politoer. Maar dan was daar tye soos die wat hom weer moed gegee het: 14… Hulle sien dat daar selfs […]

Lees meer

’n Koppie koffie op die lewe

Filippense 1:12-18 As jy lewe het jy ’n baie goeie kans dat die lewe jou een of ander tyd ’n dwarsklap gaan gee of dalk sommer ’n paar. En as jy ’n kind van God is, beteken dit nie noodwendig dat jy ’n paar van die klappe gaan vryspring nie. Inteendeel. So die vraag is […]

Lees meer

God se plan in my swaar

Paulus sit in die tronk en skryf hierdie brief aan die mense van Efese. Eintlik is hulle die oorsaak dat hy gevange geneem is. 1Juis daarom sit ek, Paulus, hier vir Christus in die tronk. Ek is in die tronk gegooi omdat ek vir julle wat nie Jode is nie van Christus vertel het. Niks […]

Lees meer

‘n Breakdown voor die breakthrough

Soms is eerlike konfrontasie nodig. En tog stap baie van ons wye draaie daar om, want ons is bang vir die pyn. Ons is bang dit maak ander boos. Ons is bang dat ons hulle dalk sal verloor. Paulus was bang dat hy die gemeente van Korinte verloor het na die skryf van sy eerste […]

Lees meer

Sluit aan