God se Woord in vandag se woorde

Argief


Voortbeur in die swaar

Partymaal is die lewe net te veel. Partymaal druk die lewe jou dat jou oë traan. Dalk is dit finansies wat druk. Dalk is dit jou eggenoot wat heeltyd dwars in die gang voor jou staan. Dalk is dit ’n verhouding wat die heeltyd in die stof byt. Dalk is jy nou al so moeg […]

Lees meer

Voorberei vir die swaar

Vanaf die begin van die skryfstukke oor 1 Tessalonisense is die woord “swaar” al meer as 21 keer gebruik. Swaarkry was ’n werklikheid in die nuwe Christene se lewens. En ons het dit al ’n paar keer gesê: As jy erns maak met die dinge van God, gaan daar opdraendes kom. Dit gaan nie altyd […]

Lees meer

Probleem? Bid vir geloof.

Ons het teen die tyd nou al mooi agtergekom dat Paulus-hulle baie swaar gekry het hier waar hulle vir die eerste keer die nuus van Jesus Christus moes bring. Dit was glad nie vir hulle maklik nie, maar hulle het tot God gebid om hulle te help. En God het hulle ook gehelp deur hulle […]

Lees meer

Glimlag in die gespartel

Ek stap uit die kerk. Die bedienaar van die Woord praat van die woestyn waarin ons ons soms bevind. Een of ander tyd maak ons almal ’n draai in die woestyn en dit is nie lekker nie. Die prediker vertel dat God in die woestyn besig is om dinge af te kap wat nie lyk […]

Lees meer

Rotse, donderwolke en vreugde

Filippense 4:1-9 My dogter lees haar opstel vir my. My mond hang oop vir haar wysheid en ek besef dat ook sy al hard met die lewe te doen gekry het. Die lewe is nie maklik daar buite nie: Die langste reis wat ons as lewende wesens op die aarde in die gesig sal moet […]

Lees meer

Lag in die swaar

Filippense 3:1-3 1… moenie dat enigiets julle onderkry nie. Wees altyd oortuigend en opgeruimd. Julle is mos Christene wat die Here ken. ’n Vriend van my kom kla by my. Hy vertel van 20% van sy mense wat eenvoudig net nie opdaag vir werk nie. Sy duur masjien het net 15 minute gewerk en toe […]

Lees meer

In moeilike tye ook opgeroep

Filippense 1:12-18 Ek staan weer by presies dieselfde teksverse stil en vertel ’n verhaal uit die dae in die besigheidswêreld. Dit was ’n dag voor ek na die CCMA moes gaan. Is deur die unie vir een of ander belaglike ding gedagvaar. Ek moes nou met ander mense wat ek van geen kant af ken […]

Lees meer

Want medies gesproke

’n Vriendin van ons stap ’n woeste pad. Hulle het 12 jaar gelede ’n kwaadaardige gewas in haar brein ontdek. ’n Paar keer het die gewas sy opwagting gemaak, maar met operasies en behandeling is dit verwyder. Die medici kan nie glo dat sy nog lewe nie. Voorwaar ’n wonderwerk. Die afgelope week het sy […]

Lees meer

God se plan in my swaar

Paulus sit in die tronk en skryf hierdie brief aan die mense van Efese. Eintlik is hulle die oorsaak dat hy gevange geneem is. 1Juis daarom sit ek, Paulus, hier vir Christus in die tronk. Ek is in die tronk gegooi omdat ek vir julle wat nie Jode is nie van Christus vertel het. Niks […]

Lees meer

Sluit aan