God se Woord in vandag se woorde

Argief


Liefde gooi ’n lap oor ander se gate

Ek kry ’n e-pos van Jansie (skuilnaam):  My dogtertjie was op 11-jarige ouderdom seksueel gemolesteer deur haar stiefpa in die huis terwyl ek geslaap het. Ek het ook ‘n 7-jarige seuntjie uit die huwelik.    Die pad wat ons stap vir die laaste 6 maande vandat sy my daarvan vertel het, is die moeilikste ding wat […]

Lees meer

Modder en miswater

Ek staan nogal erg verwonderd oor die nuwe wasmasjiene wat met min water geruisloos ons wasgoed was. Ek wonder gereeld of die masjien weer al die vuil werks- en sportklere gaan skoonkry. Om nie eers te praat van my vuil werksklere na Saterdae se gewoel in die tuin nie.  As ek dan op ’n volgende […]

Lees meer

Deel jou vallery

Ons almal maak gedurig foute. Sommige meer as ander. Ek trap al te gereeld in die gat en dan is daar maar net nog ietsie in my boekie geskryf. Ek is ’n prentjiemens en sien gou die dik boek van my oortredinge raak. Gelukkig weet ons dat Jesus vir die straf van die sondes kom […]

Lees meer

Skuldig voor die wet, maar tog vry

Wanneer ’n moordenaar voor die regter staan, help dit niks dat hy vertel hoe goeie vader hy vir sy kinders was of hoe ’n goeie man vir sy vrou nie. Dit help nie hy vertel al die stories waar hy elke dag mense se nood verlig het nie. Niks van sy goeie dade vee die […]

Lees meer

Jesus se bloedoortapping

Wanneer bloed uit ’n mens of dier loop, weet ’n mens dat as dit nie gestop word nie, die persoon doodgaan. Dis asof sy lewe uit hom tap. Daarom dat die Israeliete bloed gelykstaande aan lewe gesien het. Sonde tap die lewe uit die mens. Sonde maak dood. Sonde bring verwoesting en om van die […]

Lees meer

Die deur oopmaak vir ’n waterskeidingsgebeurtenis

Een keer is ’n prediker erg geroskam, want hy het op die kansel geklim en ’n paar bladsye uit die Bybel geskeur. Die kerkgangers was erg ontsteld en dis te verstane. Die predikant het gesê dat ons die Bybel lees soos ons wil en dan lees ons net die lekker en mooi gedeeltes. Ons lees […]

Lees meer

Skottelgoedwasser was skoon

Mense verskil. Ek werk met baie geraas. Ek sit gewoonlik musiek in die agtergrond aan, om my in die regte stemming te bring. My ma het altyd gesê ek moet asseblief my “doef-doef”-musiek sagter maak. Renata, my beter helfte, is weer net mooi die teenoorgestelde. Sy hou van stilte. Selfs die piepklein watervalletjie reg langs […]

Lees meer

Weet vir seker

Toe ons in grendeltyd was, is ons almal wat by die huis spin, uitgedaag om ’n 100 km in ’n sekere tyd af te lê. Vir almal wat dit regkry, sou iemand ’n groot donasie vir die dorp se sopkombuis skenk. Ek het my hand opgesteek en begin trap dat die sop (oftewel sweet) spat! […]

Lees meer

Eenmalig oorgenoeg

Om kinders groot te maak, is nie maklik nie. Die groot basiswoord hier, is seker balans. Jy moenie vir jou kind alles gee nie, want dan leer hulle nie waar dinge vandaan kom nie en dink die wêreld skuld hulle alles. Aan die ander kant moet ’n mens ook nie die heeltyd op hulle foute […]

Lees meer

Groter, beter, mooier, woester en dan nog ’n bietjie

Ek sit rustig op ’n boer se plaas en drink geperkoleerde koffie. Dis oestyd. Dit raas buite soos die werkers die oes bymekaarmaak en in die lorries laai. Ek is so-effe poegaai, want ek het pas Sondag se preek opgeneem. Skielik stap daar ’n man in. Ek weet ek ken hom, maar kan nie die […]

Lees meer

Sluit Aan