’n Splinternuwe altaar vir jou
Die altaar het baie sentraal gestaan in die Ou Testament. Die altaar was die hoof kommunikasiekanaal tussen die volk en God. Dit was die plek waar die mense vir God offers gebring het. Dit was die plek waar bloed moes vloei vir al die mens se sondes. Die altaar en die diere wat daarop geoffer […]
Lees meer
Moenie die bus mis nie
Ek het as student vir Intercape bus gery. Nagte deurgery. Sommer in een vakansie 43 000 km gery. Net met ’n bus. Net in die nag. Maar dit was lekker en die R50 per dag wat ek verdien het, was baie vir ’n student. Een nag is ek effe agter op skedule. Toe ek daar […]
Lees meer
Dankie vir die komma!
Een ding staan soos ’n paal bo water: alle mense sal eendag voor God moet gaan staan. Dis iets waarby niemand verby kan kom nie. En dan maak my maag ’n draai, want ek wonder wat gaan ek sê. As ek so oor my lewe kyk en sien waar ek, om dit mooi te stel, […]
Lees meer
Om nie te verloor om te besef nie
’n Mens moet mos altyd eers iets verloor, voordat jy besef wat jy eintlik het. Ek is bevoorreg om nie baie siek te word nie, maar so een keer in drie of vier jaar klap die griep my plat in die bed. Weens my rustelose nagrus, besluit ek om in een van die kinders se […]
Lees meer
Jesus bring verandering
Verandering is deel van ons lewe. Kyk nou maar die prentjie van jou as kind. Ons het nie skerms gehad nie. Ons het nie eers ’n TV gehad nie. Inteendeel, my pa het dit ’n satans-kassie genoem en gesê hy sal nooit een koop nie. Toe hy ’n beroep na ’n nuwe gemeente aanvaar, gee […]
Lees meer
Vir altyd
Sjoe, hierdie gaan nou ’n eenvoudige voorbeeld wees, maar ek hoop dit dryf die laaste spyker lekker diep in vir ons gewone mense om te verstaan. Met die droogte in die Wes-Kaap, het almal tenke gekoop om hul eie water op te gaar. Die meeste mense seker net om hul gewete te sus, want met […]
Lees meer
Mindful oor Jesus
’n Vriend van my vertel van ’n kursus wat hy geloop het om hom te help om weer te leer om die klein dingetjies in die lewe raak te sien. Ons raak so gewoond aan dinge, dat ons vergeet om waar te neem en dan mis ons so baie uit. Ons lewe in ’n trans […]
Lees meer
Laaste en finale offer
(Lees Hebreërs 7:1-25, verkieslik in Die Boodskap, om ’n goeie idee te kry van die priesters in die Ou Testament.) Die priesters in die Ou Testament het basies twee funksies gehad. Die eerste was om middelman of mediator te wees tussen God en die volk. Die priester het met God gepraat en dan die boodskap […]
Lees meer
Leef soos God my sien
Wat sal jou antwoord op die volgende vraag wees: Wat het Jesus vir jou aan die kruis op Golgota gedoen? Die meeste mense se antwoord is dat Hy vir hulle sondes kom sterf het of dat Hy hulle pak kom vat het vir al die sonde wat hulle gedoen het. Die antwoorde is mooi in […]
Lees meer
Om Jesus aan jou lyf te ervaar
My vriend koop drie jaar terug vir hom ’n UP! (My neef het dit altyd soos volg uitgespreek: “UP uitroepteken”!) Toe ek die eerste keer by hom kom, kon hy nie uitgepraat raak nie. Ons moes dadelik na die vergadering afstap, sodat hy my kon wys watter oulike motor hy gekoop het. Toe ons by […]
Lees meer