Môre nie deur gister bepaal
Klik hier om na Sondag se preek van Renata van der Merwe: As jou geloof getoets word op YouTube te kyk. Die mense aan wie Jakobus die brief skryf, ken van, soos die Engelsman sê, “Wheel and deal.” Die handelaars het op een plek voorraad aangekoop en dan na ’n volgende plek getrek om daar […]
Lees meer
Gelowig bid
Ek kry hierdie ontsettende mooi storie van Theo: In die begin van 1971 verloor my pa die plaas en alles. Hy kry ’n werk by Sasol in Sasolburg en ons trek toe vanaf Jacobsdal na Sasolburg. Dit was ’n splinternuwe huis, met geen tuin en hoë mure rondom die erf nie. Na drie maande wat […]
Lees meer
Geloof wat die toets deurstaan
Castle Lager het ’n slagspreuk: “It stood the test of time”. En ja, die bier is al oor die 125 jaar oud en in meer as 40 lande verkrygbaar. Vir seker is dit al deur duisende bierdrinkers getoets en het met vlieënde vaandels die toets geslaag. Ek kan nog onthou hoe ons elke week die […]
Lees meer
Tussen twyfel, kyk en glo
Daar is tye in my lewe wat ek onseker is. Tye wat ek onseker is of ek reg glo. My gedagtes loop al in die rondte en in ’n spiraal daal dit na onder waar my geloof op ’n manier my verlaat het, of so voel dit. Dit is sulke tye wat dit vir my […]
Lees meer
Glo dit: God bou paaie
Ek sien ’n spotprentjie van Moses en sy vriend wat langs die rivier sit en visvang. Moses se lyn hang lekker diep in die water, maar waar sy vriend ingegooi het, het die stroom opgedam en hang sy lyn in ’n droë strook grond. Sy vriend kyk hom onthuts aan en sê: “Dis nie snaaks […]
Lees meer
Geloof slegs deur ’n verhouding
Ons moet ’n ander kamera vir die bediening koop, maar om dit reg te kry, moet ons eers die ou ene verkoop. Ek adverteer op Gumtree. Dit was een oggend baie vroeg. Ek kry my eerste oproep net na vyf. Die ou is vasbeslote. Hy vat die kamera. Hy vra nie eers vrae oor die […]
Lees meer
Da Bo, my girl. Da Bo!
Ons kap lekker ons hakke hier op die aarde in. Baie koop huise en rig dit so lekker in. En daarmee is niks fout nie. Ons kan vir seker die tydjie hier op aarde vir ons lekker inrig, maar tog moet ons besef dat die tyd hier net tydelik is. So het Abraham, Isak en […]
Lees meer
Sit jou geloofsbril op!
God het baie dinge vir Abraham, Isak en Jakob belowe. Van hierdie beloftes, soos Kanaän en Jesus se koms na die aarde, het eers waar geraak na hulle die tydelike met die ewige verwissel het. Tog het hulle geglo dat dit wel eendag sal gebeur. 13Abraham, Isak en Jakob het in hulle leeftyd nog nie […]
Lees meer
Moenie jou skild weggooi nie
In die ou dae is soldate met ’n swaard en ’n skild toegerus. Hierdie skild moes hulle bewaar het van aanvalle van die vyand se swaard. Onder geen omstandighede moes hulle die skild verloor het nie. Daar is niks gedink van manne wat hulle skild neergegooi en weggehol het nie. Volgens oorlewering, is die skild […]
Lees meer
Geduldig vertrou
In my familie is daar iemand met erge kanker. In my skoonfamilie is daar iemand met erge kanker. In my vriendekring is daar ook iemand met woeste kanker. Ek raak vroeg wakker en bid vir elkeen. Ek weet nie of ek dit sou gemaak het nie. Die behandelings is erg. Die een is aan die […]
Lees meer