God se Woord in vandag se woorde

Argief


Hoop, sekerheid en ligte aanskakel

Saam met die skrywer van Hebreërs, besoek ons die groot name in die Ou Testament, sodat ons by hulle van geloof kan leer. Volgende in die ry, is Josef. Josef is deur sy broers aan ’n slawehandelaar verkoop en dit was juis hierdie weggegooide broer wat hulle gered het, toe hongersnood hulle land getref het. […]

Lees meer

Op die kierie van geloof

Die skrywer van Hebreërs neem so ’n voëlvlug oor die voorvaders om die lesers te wys hoe hulle geloof hulle laat aanhou en uithou het. Onthou, ons het gesê dat God se stap in die verlede ons help om ons geloofsbril te vorm om in die toekoms in te kyk. As God dan so met […]

Lees meer

Spreek die seën oor ander

Aan die einde van eredienste spreek die prediker gewoonlik ’n seën oor die gemeentelede uit. Die mees algemene een wat gebruik word, is die een wat in 2 Korintiërs 13:13 staan: Mag die genade van die Here Jesus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees met julle almal wees. Dis […]

Lees meer

As dinge nie sin maak nie

Dinge maak nie altyd sin nie. Ek was al by baie plekke in my lewe waar ek na die sin van die uitdaging gevra het. Sommige kere het ek met my arms in my sye na die uitdaging opgekyk en moedeloos gevra: “Hoekom nou weer dit? Hoekom ek? Ek verstaan nie hoekom ek nou weer […]

Lees meer

Sak vol vertroue

Ek wonder wat ek alles vir God sal opgee? Is ek bereid om my beursie en al my inkomste vir Hom te gee? Sal ek my lekker bakkie net so vat en vir iemand gee wat dit nodiger het as ek? Sal ek toelaat dat hawelose mense in die leë kamers in my huis intrek? […]

Lees meer

Vertrou met alles

As jy een oggend wakkerskrik en besef dat God deur die nag met jou gepraat het, sal jy kan stilbly? En as God vir jou gesê het jy moet jou penne optrek en na ’n onbekende land gaan, want daar sal Hy jou erg seën, sal jy die nuus graag deel met jou eggenoot, vriende […]

Lees meer

Geloof is…

Vir ’n kar om te werk, het dit ’n enjin nodig. Sonder ’n enjin kan ’n kar nie self van punt A na punt B ry nie. So ’n voertuig is vir die mens nutteloos. Eintlik is ’n kar sonder ’n enjin net ’n hoop yster en kan dit nie regtig ’n kar genoem word […]

Lees meer

Bergklim, toue en vertroue

Daar word ’n storie vertel van ’n man wat gereeld ’n berg uitgeklim het. Hy was ’n gesoute bergklimmer en dit was vir hom so lekker om al die verskillende roetes te ontdek. Eendag op ’n nuwe roete, stop hy om middagete te eet. Hy maak sy kospakkie oop en dank God vir die voorreg […]

Lees meer

Leef saam met God

Ek kry ‘n lekkerlees e-pos van Annamare uit Limassol. Ek moet eers gaan Google waar dit is en sien dit is daar in die Middellandse See op die eiland, Ciprus. Sy vertel ’n mooi storie van haar ouers: So ‘n rukkie terug het ek by die Here geleer om stadig te wees om te oordeel, […]

Lees meer

Jou beloning vir jou vaste geloof

’n Mens moet versigtig met die Woord van God omgaan. Ons moet besef dat ons met ’n spesifieke bril die Bybel lees en dat die bril die waarhede kan skeeftrek. Neem byvoorbeeld die volgende vers: 35Moet dus nie toelaat dat daar ’n krakie in julle vertroue op God kom nie. Wie op God bly vertrou, […]

Lees meer

Sluit Aan